God is liefde! [Tekslęer] [HTML] |
Met hierdie vers stel die Here ons juis voor die onbegryplike vraag: Hoe kan God my tog liefhê? Hoe is dit moontlik dat ’n alwetende God wat hoog-heilig en regverdig is‚ en dus weet en aanskou hoe sleg en sondig ons is‚ watter onreg en ellende mense mekaar aandoen‚ watter haat en geweld ons veroorsaak – hoe is dit moontlik dat so ’n God die wêreld so lief kan hê; dat Hy ons en ons wêreld nie lankal uitgewis het nie; dat al ken Hy my slegte en opstandige hart‚ Hy vir my in sy Seun tog LIEFDE wil wees?! (30 Aug 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Johannes |
|
Geborgenheid [Tekslęer] [HTML] |
Iemand het êrens opgemerk dat ’n mens nie graag die eerste of die laaste wil wees nie. Die een wat eerste is‚ het niks voor hom om hom te beskerm nie‚ dié wat laaste is‚ weer niks agter hom nie. Niemand neem graag eerste die woord by ’n bespreking nie. Niemand kom graag eerste by ’n ontvangs aan nie. Niemand wil graag eerste teen die vyand uittrek nie. En tog moet iemand eerste wees! Om mekaar voor te stoot met ’n “Gaan u gerus voor‚” is werklik nie altyd net beleefde beskeidenheid nie‚ dit is dikwels ’n teken van vrees‚ van ’n gevoel van onveiligheid. Net so wil niemand graag laaste in die reddingsboot inspring of die kerk binne gaan nie. Ons is altyd op soek na beskerming teen die onbekende gevare van die lewe en teen die bespiedende oog van ons naaste. (23 Aug 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Openbaring |
|
Waarom? [Tekslęer] [HTML] |
Psalm 22 “beantwoord” die “waarom-vraag” ook op ’n troosryke manier. Dit sê: Al sou God swyg vanweë sy verhewendheid en ons sonde‚ sy toorn en ons skuld‚ of om watter rede ook al‚ dit verander nie ’n jota of ’n tittel aan sy trou teenoor ons of sy liefde vir ons nie; neem nie ’n greintjie daarvan weg nie. Dit maak van Psalm 22 meer as net ’n bitter brief oor God‚ eerder ’n innige gebed tot God: “My God‚ my God‚ waarom het U my verlaat?” Miskien begin die verlossing van‚ of beter‚ ín ons ellende al daar dat ons kan roep: My God! Die digter weet: al sou hy niks daarvan sien of ervaar nie‚ God is nógtans die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink (vgl. v. 4). (16 Aug 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
In die smeltkroes [Tekslęer] [HTML] |
Die smeltkroes van ellende waarmee Israel gelouter is (en waarna Jesaja hier verwys) was hard. God het hulle deur ballingskap laat gaan. God het hulle deur die grootste onrus en smart en ellende laat gaan – ter wille van hulle herstel. God laat ons ook soms deur die smeltkroes van ellende gaan – soos wat talle Bybelskrywers getuig het. (09 Aug 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Gebed kan jou lewe verander [Tekslęer] [HTML] |
Volhardende geloof‚ geloof wat ’n mens desperaat op jou knieë voor God laat neerval en jou al pleitende daar hou‚ beweeg sy hart en hand. Wanneer jy soms deur die lewe in ’n hoek vasgedruk word en dit vir jou voel asof daar ’n besetkode na die hemel toe is‚ moet jy nie te gou handdoek ingooi nie. Geloof beteken om onder sulke omstandighede juis met God te bly praat‚ om as ’t ware die lyn weer oop te bid. God is nooit doof vir opregte gebed nie. Hy is bereid om na enige saak te luister wat meriete het. Jesus het dit immers duidelik geïllustreer deur sy bereidwilligheid om “omgepraat en omgeglo” te word deur ’n vrou wat so desperaat om hulp gesoek het dat sy nie nee vir ’n antwoord wou aanvaar nie. Wil jy nie ook ’n slag so dapper begin glo nie? (03 Aug 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Markus |
|
Niks is vir God onmoontlik nie [Tekslęer] [HTML] |
Dit is asof die Here wil sê: Israel‚ julle wat geweet het dat niks vir God te wonderbaar is nie; julle wat roem dat Abraham julle vader is; julle wat die proefondervindelike kennis van God se onbeperkte almag het – julle lewe asof God magteloos is; asof Hy sy volk in die steek gelaat het en asof Hy nie daartoe in staat is om met die goddelose bendes op julle grense af te reken nie …
Bly dit nie nog steeds ’n geldige boodskap ook aan ons adres gerig nie? Raak ons nie alte dikwels oorweldig deur vrees vir die magte van Satan nie? Só bevrees dat ons in ons stryd teen die bose selfs bereid is om van middele gebruik te maak wat glad nie met God se Woord versoenbaar is nie. Glo ons nog sonder voorbehoud dat geen ding by God onmoontlik is nie? (26 Jul 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jeremia |
|
Die Here is in beheer [Tekslęer] [HTML] |
Ester is ’n baie vertroostende boek.
Dit sê vir ons: Kom wat wil‚ die Here is dáár en sy Woord is die laaste woord. (19 Jul 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Ester |
|
Ons is nie alleen nie [Tekslęer] [HTML] |
Ons is nie alleen nie. God is by ons. Die Heilige Gees is in ons. Hy leer en lei ons. Hy ondersteun en bemoedig ons. Hy troos en vertroos ons. Hy is altyd by en in ons. Soos die lug altyd om ons is‚ so is die Gees altyd om en in ons. Soos ons kan leef omdat ons lug kan inasem‚ kan ons waarlik leef deur die lewende Gees van God. Hy maak die lewe moontlik. Sonder Hom wag daar net die dood. (12 Jul 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Engele rondom ons [Tekslęer] [HTML] |
As omstandighede vir ons swaar word‚ fikseer ons so daarop dat die geloofselement buite rekening gelaat word. My oë is so op die probleem gerig dat ek nie meer opkyk en God raaksien nie. Die gevolg is dat ons baie moedeloos en terneergedruk word. Maar die Here wil nie hê dat ons moedeloos moet word nie‚ soos Elisa ook nie wou hê dat sy slaaf moedeloos moet word nie. Daarom bid Elisa ter wille van sy slaaf: … Here‚ maak tog sy oë oop dat hy kan sien … En die Here laat hom sien. (05 Jul 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Konings |
|
God, die Heer regeer [Tekslęer] [HTML] |
Ek reken die groot fout wat ons almal maak as ons oor hoop praat of dink‚ is om dit te koppel aan omstandighede en materiële dinge of mense. Die Bybel leer vir ons dat hoop‚ die enigste gewaarborgde hoop‚ aan ’n Persoon gekoppel moet word. Jesus is ons hoop. En Hy leef in ons. Hy is die waarborg vir ons hier en nou. (28 Jun 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Raak stil voor God [Tekslęer] [HTML] |
Ons moet onthou‚ dat as ons werklik Christene is‚ dan woon die Here deur sy Heilige Gees in jou hart. En Hy wil nie net gedien word nie – Hy wil jou ook dien deur sy Woord! Hy wil jou nie net Sondae dien as jy kerk toe kom nie. O nee‚ Hy wil jou ook dien in jou gereelde huisgodsdiens‚ in jou persoonlike Bybelstudie en deur na jou gebede te luister. Die vraag is nou: laat jy jou deur die Here dien deur rustig na Hom te luister‚ of is jy so onrustig besig om te werk‚ dat jy nie tyd het om na die Here te luister nie? (21 Jun 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Eet My [Tekslęer] [HTML] |
Hier op die berg langs die see van Galilea is ’n ligte krisis. Hier sit duisende mense. Dis etenstyd. Volgens etiket moet Jesus kos gee. Daarom vra Jesus (vers 5): “Waar kan ons kos koop?” (15 Jun 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Fokus op God [Tekslęer] [HTML] |
Dat Habakuk ’n diep gelowige was‚ kan nie betwyfel word nie. Dat hy onder baie moeilike omstandighede geleef het‚ is seker. Dat die omstandighede hom geruk het‚ is duidelik. Dat hy na sy worsteling met God sterker en dieper anderkant uitgekom het‚ troon bo alles uit! (07 Jun 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Habakuk |
|
Geestelike toerusting [Tekslęer] [HTML] |
Trek die volle wapenrusting van God aan. Die werkwoord “aantrek” roep die gedagte by ’n mens op van die aantrek van ’n kledingstuk. Daarmee wil Paulus sê dat die Christen homself moet gaan identifiseer met die volle wapenrusting van God. Die Griekse woord wat Paulus vir wapenrusting gebruik‚ is ’n woord wat in militêre kringe ’n swaar bewapende soldaat aangedui het. Paulus wil weereens beklemtoon dat hierdie stryd van so ’n aard is dat as jy nie swaar bewapen is nie‚ jy doodeenvoudig sal ondergaan – jy sal nie kan staande bly nie. Die klem wat hy laat val op die VOLLE wapenrusting is juis dat ’n swaar bewapende soldaat nie kan bekostig om IETS te vergeet nie‚ want as hy IETS vergeet‚ dan is hy kwesbaar. (31 May 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Efesiërs |
|
Geloof en môre [Tekslęer] [HTML] |
Al wat ’n mens soms aan die gang hou‚ is hoop: hoop dat môre beter sal wees as vandag; hoop dat my sweet en trane eendag sal omsit in rus en vrede; hoop dat my opofferings in oorwinning sal eindig. (24 May 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Goeie nuus vir sondaars [Tekslęer] [HTML] |
Op ’n tyd toe die volk gedink het dit is klaar praat met ons‚ toe sê die Here: “Kom water toe‚ almal wat dors het.” Maar saam met die uitnodiging kom daar ’n oproep en ’n waarskuwing: “Vra na die Here‚ TERWYL Hy nog te vinde is‚ roep Hom aan TERWYL Hy naby is” (Jes. 55:6). Hierdie uitnodiging geld vir almal‚ maar dit geld nie vir altyd nie. En as jy dit aanvaar‚ dan moet jy iets doen: “Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan; hy moet hom tot die Here bekeer” (Jes. 55:7). (17 May 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Hoekom swaarkry? [Tekslęer] [HTML] |
Op die vraag waarom laat God lyding in sy kinders se lewe toe‚ kan ek maar net sê ek weet nie presies nie‚ maar dít weet ek: die God van die Bybel is self die lydende God. Hy is met ons in ons ergste nood. (10 May 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Deuteronomium |
|
Het dit sin om God te dien? [Tekslęer] [HTML] |
Daar kom oomblikke in die lewe van die kerk en in die lewe van Christene dat hulle begin wonder oor die evangelie – oor die krag‚ die betekenis‚ die effektiwiteit daarvan … ’n Mens hoor nogal soms van mense wat van die een of ander groot misdaad aangekla is en dan ná ’n uitgerekte en uitmergelende hofsaak vrygespreek word – natuurlik tot hulle vreugde en verligting. Maar wanneer hulle wil terugkeer na die samelewing‚ stuit hulle vanweë die vooroordeel van mense op die een probleem na die ander – totaal teen hul eie verwagting in … (04 May 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Maleagi |
|
Geen bagasie nie, asseblief! [Tekslęer] [HTML] |
Ons Skrifgedeelte spoor gelowiges aan om te onthou waarmee hulle besig is. Hy vergelyk ons lewens as gelowiges met atlete in ’n langafstand resies. Op die pawiljoene sit ’n skare van derduisende toeskouers. Dis nie sommer sulke toeskouers nie; dis al die gelowiges van die verlede wat klaar hulle beurt gehad het en hulle geloofsresies voltooi het. Hulle is vir ons wat vandag moet aanhou hardloop‚ die voorbeeld en hulle spoor ons aan. (20 Apr 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Hebreërs |
|
Die Here is naby! [Tekslęer] [HTML] |
Iemand wat weet dat die Here naby is‚ weet ook dat hy of sy met al die sorge van menswees‚ met die groter of kleiner pakket van sy bekommernisse van elke dag deur hierdie selfde Here gedra word. Mens wil byna sê: die krag van die eerste koms van Jesus “druk” ons vorentoe‚ terwyl die suigkrag van sy tweede koms ons eweneens vorentoe “trek”! Wie bekommerd is‚ kan sy oog op die krip en daarom op die kruis‚ die leë graf van Jesus én die wolke hou! En ontdek dat hy gedra word … (12 Apr 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Filippense |
|
Tevredenheid [Tekslęer] [HTML] |
Die antwoord vir lewenstevredenheid lê in stil vertroue op die Here (Ps. 37:7; Ps. 62:2; Jes. 30:15) selfs te midde van ’n gejaagde lewenstempo (Ps. 3:6-7). (30 Mar 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Oorwinning oor vrees [Tekslęer] [HTML] |
Johannes sê dat die liefde die vrees uitdryf (Grieks: ballo – dit dui op ’n kragtige handeling om van iets ontslae te raak). Dit is opmerklik dat hy nie sê dat om jou vrees te besweer is meer moed nodig nie. Dit sou ons eie menslike antwoord gewees het. “As ek tog net meer moed gehad het‚ dapperder gewees het‚ dan sou ek nie so bang gewees het nie.” Maar as jy dit sou sê‚ dan trek alles weer saam in die mens‚ mý pogings. Op die manier word God uitgesluit. Johannes wil ons leer dat God se liefde ons perspektief op die realiteite van die lewe moet verander. Nie vrees nie‚ maar liefde‚ moet die dryfveer in ons lewe wees. (23 Mar 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Johannes |
|
Hardloop enduit [Tekslęer] [HTML] |
God is die Een op wie ons altyd kan staatmaak en vertrou. Hy is die Een vir wie die tyd geen probleme oplewer nie‚ vir wie ons krisisse nie krisisse is nie‚ ons probleme nie probleme nie! Hy word nie moeg nie. Hy word nie mat nie. Ook al sien ons soms vir lang tye so min daarvan. (16 Mar 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Hebreërs |
|
God koester ons met dou [Tekslęer] [HTML] |
Hosea 14 sê dat die gelowige se lewe “vas” is. ’n Gelowige mens is ’n seker mens‚ nie van homself nie maar van God en sy beloftes. Die Nuwe Testament praat van so ’n lewe as ’n huis op ’n rots (Matt. 7:24) – en wie kan hierdie rots anders wees as Jesus Christus? (1 Kor. 3:11). (08 Mar 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Hosea |
|
Vertrou God [Tekslęer] [HTML] |
Ons word in die woorde van Petrus uitgenooi: “Werp al julle bekommernisse op Hom‚ want Hy sorg vir julle” (1 Pet. 5:7). God sorg vir jou! Nie net sal Hy jou nooit verlaat nie – maar Hy sorg ook vir jou. Hy sorg voortdurend vir jou – nie net soms of by tye nie. Sy sorg is allesomvattend – selfs die hare op jou kop is getel. Sy sorg is soewerein – niks kan met jou gebeur sonder dat Hy dit toelaat nie. (02 Mar 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Konings |
|
Ongelowige Tomas [Tekslęer] [HTML] |
Sien jy iets van jouself in Tomas? Is jy ’n teleurgestelde mens‚ omdat jou lewe anders verloop het as jou drome? Dra jou siel ook littekens van gevegte wat jy verloor het? Twyfel jy ook aan jouself en jou eie vermoëns? Dan is daar ook vir jou die troos dat ’n neerlaag lewe omgesit kan word in ’n lewe van oorwinning. (22 Feb 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Christus word verwerp [Tekslęer] [HTML] |
Jesus se uitleg van Jesaja se heilsprofesie het baie verskil van dié van die rabbi’s van sy tyd. Hy verleen ’n heel nuwe dimensie daaraan – dié van genade! (15 Feb 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Môre behoort aan God! [Tekslęer] [HTML] |
Ons leer by Jeremia hoe ’n mens moet leef in ’n chaotiese tyd‚ in ’n tyd van onsekerheid en verwarring. Jeremia se optrede is ’n mosie van vertroue in die toekoms. (09 Feb 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jeremia |
|
Om Christen te wees [Tekslęer] [HTML] |
Die Skrifgedeelte wat ons saamgelees het‚ handel oor ’n baie spannende deel van Paulus se lewe. Hy is ’n gevangene in Sesarea‚ in daardie dae‚ een van die grootste hawestede in Palestina aan die Middellandse See. Vandag nog kan die indrukwekkende ruïnes van daardie stad nog tussen Tel Aviv en Haifa besigtig word. Op pad na Rome word Paulus se hofsaak eers daar deur Feliks aangehoor. Daarna word hy na Feliks se opvolger‚ Festus‚ gebring. Maar ook met hom kom Paulus nie ver nie. Daarom word Paulus nou deur Agrippa‚ die vors van Galilea‚ wat saam met sy vrou Bernice gaste van Festus was‚ verhoor. (02 Feb 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Handelinge |
|
NIKS is vir God onmoontlik nie [Tekslęer] [HTML] |
Die Genesisskrywer teken nie net mooi prentjies oor geloof nie. Want geloof is nie maar ’n gladde‚ maklike weg nie. Geloof is nie maar net positiewe denke of ’n tipe jeugdige optimisme wat vir alles kans sien nie. Geloof is dikwels moeilik. Geloof is wondbaar‚ geloof is broos! In die geloofslewe word ’n mens soms moeg. Oorwinning lyk soms belaglik. Die reën bly soms weg. Die lewe proe soms bitter. Die gelowige bid soms ook: “Vader‚ as dit moontlik is‚ laat hierdie beker by my verbygaan: nogtans nie my wil nie‚ maar u wil.” (27 Jan 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
God is vir ons n toevlug [Tekslęer] [HTML] |
Psalm 46 leer ons: kyk met ’n ander perspektief – kyk na God. Onthou die Here is daar. Hy is vir ons ’n toevlug en beskerming. Daarom kan die digter sing: al gebeur die verskriklikste dinge‚ is ons nie bang nie. Al gee de aarde pad‚ al skuif die berge tot in die dieptes van die see‚ al druis en skuim die water van die see‚ al skud die berge deur onstuimigheid – ons is nie bang nie. Die beelde wat hier gebruik word‚ is sterk beelde. Dit dui op verskriklike dinge wat gebeur. Dit dui op die totale ineenstorting van die wêreld. Selfs al sou dit gebeur‚ sê die Psalmdigter‚ is ons nie bang nie. Niks kan ons laat vrees nie. Selfs nie die verskriklik onstuimige see; die berge wat bewe en die aarde wat pad gee nie! (19 Jan 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Leef in 2010 uit geloof [Tekslęer] [HTML] |
Die kruis het ’n modegier geword wat jy om jou nek hang‚ maar min verskil in jou alledaagse lewe maak. Ons “glo” nog‚ maar die geloof het so min praktiese inhoud en maak so min verskil om ons dat dit vir alles praktiese redes nie bestaan nie. Die lewensveranderende moontlikhede wat daar in die evangelie opgesluit lê‚ word al hoe minder sigbaar. Daarom is dit so belangrik dat ons hier aan die begin van 2010 die boodskap sal hoor en dit sal gaan uitleef! Kom ons kyk hoe vergestalt dit in die lewe van Abraham. (13 Jan 2010) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Ons Trooster [Tekslęer] [HTML] |
Ons behoort nie aan onsself nie – wie dit verstaan en vir hom- haarself toe-eien‚ wie dit eers glo en bedink‚ kén ware‚ diepe vreugde én ware‚ volkome bevryding. (01 Dec 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Tree vir tree [Tekslęer] [HTML] |
Onthou: in die lewe gaan dit om een tree op ’n slag. Een dag op ’n keer. En Jesus sê: Kyk‚ Ek is met julle al die dae. Dis so belangrik dat Hy sê al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Want al die dae beteken ook die swaarkrydae of die lekker-lag-dae – ja‚ al die dae! (24 Nov 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Kleipotte wat maklik breek [Tekslęer] [HTML] |
In die tyd toe die Nuwe Testament geskryf is‚ was kleipotte baie belangrik. Mense het dit gebruik om hulle kos en drank‚ hulle meel‚ droë boontjies en water in te stoor. Hierdie kleipotte is met groot sorg vervaardig. Op die buitekant is patroontjies geverf. Die potte is ook in oonde gebak sodat dit lank moes hou en mooi moes lyk. Hierdie potte het een nadeel gehad: hulle het maklik gebreek. (16 Nov 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Korintiërs |
|
Sin in lyding? [Tekslęer] [HTML] |
God is op ’n besonderse manier aan die werk in en agter ons tyd. Ja‚ die lewende God is betrokke by ons kalenders‚ geskiedenis en horlosies. By die natuurlike ritmes van dag en nag‚ maand en jaar‚ seisoen na seisoen. By gebeure in die tyd‚ die groot oomblikke van die geskiedenis‚ die hoogte- en dieptepunte in menseheugenis. Maar ook by die sekondes‚ minute en ure van ons klein‚ persoonlike lewe. Of dit gelukkige‚ gevulde dae en weke is wat verbyvlieg sonder dat ons dit agterkom‚ of dalk net enkele bittere‚ vreesagtige oomblikke wat voel na ’n ewigheid … God is daarbý‚ op ’n besonderse manier‚ in en agter alles. (09 Nov 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Korintiërs |
|
U omsluit my van alle kante [Tekslęer] [HTML] |
Psalm 139 is ’n besonderse Psalm. Dit is ’n gesprek van die digter met die Here. Die gesprek handel nie soos baie van die ander Psalms oor die digter of sy omstandighede nie.
In hierdie gesprek gaan dit om die Here.
Om spesifiek te wees‚ dit gaan hier om die feit dat die Here die Alwyse en Alomteenwoordige is. (02 Nov 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Christus is [Tekslęer] [HTML] |
Jesus is ’n lewende werklikheid – hier en nou! Wat Hy 2 000 jaar gelede gedoen het‚ kan Hy weer doen. Jesus is nie net ’n historiese figuur wat geleef het nie – Hy lewe nou! Hy is ook die Jesus van VANDAG! (26 Oct 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Benjamin die wolf [Tekslęer] [HTML] |
Genesis 49 laat ons by die sterfbed van Jakob staan. Dit is soms goed om by ’n sterfbed te wees‚ omdat ’n mens daar‚ op die rand van die ewigheid‚ woorde hoor wat jy nie op ’n ander plek sal hoor nie. Dit geld beslis van hierdie sterfbed. Ons hoor hoedat die sterwende Jakob sy jongeling na vore roep en Genesis 49:27 oor hom uitspreek. Wat beteken dit alles en wat wil God hê moet ons hieruit leer? (19 Oct 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Is ons nog vriendelik? [Tekslęer] [HTML] |
Hoe vriendelik is jy? Dink aan jou skool of werkplek. Watter persoon word die meeste oorgesien of vermy? ’n Student wat sku is? ’n Knorrige werknemer? Miskien praat hy nie die taal van die groep nie. Miskien pas hy/sy nie in nie. Is jy vriendelik teenoor die persoon? (13 Oct 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Korintiërs |
|
Nederig-wees [Tekslęer] [HTML] |
In Spreuke 22:4 lees ons: “Wie nederig is‚ dien die Here en ontvang rykdom‚ eer en lewe.” Die Spreukedigter lê hier ’n direkte verband tussen nederigheid en geloof. Om die Here te dien‚ is om nederig te wees. Wie nederig leef‚ gee daardeur te kenne dat hy die Here dien. Nederigheid is dus ’n norm waaraan die lewens van gelowiges getoets kan word. (22 Sep 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Spreuke |
|
Vreugde [Tekslęer] [HTML] |
’n Christen sonder blydskap het nog nie die betekenis van die boodskap van Jesus Christus reg begryp nie. Want is die evangelie dan nie die beste nuus wat ooit op hierdie aarde gehoor is nie? Ons is nou eenmaal geneig om stroef en formeel te wees. So asof dit van ons verwag word. So asof blydskap en vreugde verkeerd en sonde is. As mense bietjie vrolik is‚ word hulle skeef aangekyk. Waar kom ons daaraan? Ek is nie heeltemal seker dit staan in die Bybel nie. (14 Sep 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Spreuke |
|
Die dood van die dood [Tekslęer] [HTML] |
Jesus het niks uit hierdie lewe kom wegneem nie‚ nie siekte nie‚ nie pyn nie‚ nie skande nie‚ nie droefheid nie en … nie die dood nie. Maar Hy het alles radikaal kom verander. Dit is die vreugdeboodskap van Sy koms‚ Sy sterwe en Sy opstanding. Alles is nou anders. (08 Sep 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Op pad na môre [Tekslęer] [HTML] |
Wat staan my as gelowige te doen as ek oor die toekoms nadink? Ek dink ons kry perspektief in die verhaal van Josef in Genesis 37-45. Kom ons gaan kyk. (01 Sep 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Die Meester is hier! [Tekslęer] [HTML] |
Jesus is op pad na Betanië waar Lasarus gesterf het. Marta en Maria gaan vreugde beleef wat hulle verwagtinge totaal gaan oortref. Jesus kom om aan hulle ware troos te kom gee. Ons moet goed besef dat hulle omstandighede van so aard was dat‚ met Lasarus se dood‚ die mat heeltemal onder hulle voete uitgeruk was. Ons hoor dit in hulle verwytende reaksie wanneer Jesus naby kom en hulle vir Hom sê: “Here‚ as U hier was‚ sou my broer nie gesterwe het nie.” (19 Aug 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Op pad [Tekslęer] [HTML] |
Die mens se lewe is al telkemale vergelyk met ’n pad. Ons praat van ons lewenspad. Ons sê soms vir mekaar: “My pad is maar steil”‚ of “My pad is vol dorings‚” of “My lewenspad is nie aldag maklik nie.” Soms verwys ons na iemand wat ’n slegte lewe lei‚ as iemand “wat die pad byster geraak het” of wat “op die verkeerde pad is.” (10 Aug 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Eksodus |
|
Eensaamheid [Tekslęer] [HTML] |
Dawid het eensaamheid geken. Selfs as lid van ’n gesin van agt seuns het hy dit geken. Toe die profeet Samuel gekom het om Isai se seuns te kom deurkyk sodat hy ’n koning vir Israel kon salf‚ is Dawid nie geroep nie. Eers toe Samuel vra of daar dan nie iewers nog ’n seun is nie‚ onthou Isai: “Die jongste is nog oor‚ maar hy pas nou skape op” (1 Samuel 16:11). (04 Aug 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Samuel |
|
`n Glimlag vir swaarkry [Tekslęer] [HTML] |
Kan dit waar wees? Kan ’n mens dit vir vreugde reken as jy deur ’n hele reeks moeilikhede en probleme geteister word? Kan ’n mens dit regtig sien as dinge wat bedoel is om jou geloof beter te maak en dit daarom verwelkom‚ daaroor bly wees. Ons versugting is dat die pynbeker by ons sal verbygaan. Jakobus sê dit is moontlik. Kom ons gaan kyk hoekom hy dit met soveel oortuiging kan sê. (28 Jul 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jakobus |
|
God se kind op die ashoop [Tekslęer] [HTML] |
Daar was ’n stadium in my lewe toe ek geglo het dat net feëverhale gelukkig eindig. Gelukkig is dit nie waar nie. Dit sien ’n mens baie duidelik in Job 42:12: “Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste.” En as dit vir jou na ’n sprokie klink‚ kyk ’n slag na Job se lewensgeskiedenis. (21 Jul 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Job |
|
Die Jesus van gister [Tekslęer] [HTML] |
In Johannes 11 lees ons van ’n baie interessante gebeurtenis. Jesus ontvang die boodskap dat Lasarus‚ ’n baie goeie vriend‚ ernstig siek is. Sy susters versoek Jesus toe om so gou moontlik te kom‚ maar die Bybel sê dat Jesus eers twee dae vertoef het. Toe Jesus in Betanië kom‚ was Lasarus reeds oorlede en al vier dae lank in die graf. (13 Jul 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Die Gewer of sy gawes? [Tekslęer] [HTML] |
Kyk ’n mens na hierdie verhaal in sy volle teologiese diepte‚ is wat hier gebeur selfs nog verskrikliker as wat jy aanvanklik gedink het. Isak was hierdie egpaar se enigste kind‚ ’n kind wat hulle gekry het toe dit fisiologies gesproke eintlik reeds te laat vir hulle was om kinders te hê. Om in normale omstandighede te vra dat ouers ’n kind van hulle moet offer is al verskriklik. Maar om te wag tot mense te oud is‚ dan vir hulle ’n kind te gee‚ en die kind dan na ’n tyd terug te vra – dis darem baie‚ baie hard‚ so voel ’n mens. (07 Jul 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Die dissipels was dood [Tekslęer] [HTML] |
Toe Jesus na drie dae liggaamlik uit die dood opgestaan het‚ was die dissipels dood en begrawe‚ ja‚ binne-in ’n graf. Hulle het ophou leef. Hulle was soos lewende dooies‚ soos dit partykeer ook met ons gaan. “Toe my kind in ’n ongeluk dood is” het iemand eenkeer gesê‚ “het ek ook doodgegaan. Die lewe het sy sin en betekenis vir my verloor.” “In ’n oomblik van swakheid het ek owerspel gepleeg” bieg ’n vrou “en nou kan ek myself nie in die gesig kyk nie; ek kan my man nie in die gesig kyk nie; ek kan mense nie in die gesig kyk nie. Iets in my het doodgegaan.” “In ’n rooftog is ’n koeël uit ’n AK-47 deur my rugmurg. Nou is ek in ’n rystoel vasgekluister. Ek kon netsowel dood gewees het. Dit voel vir my ek is ’n oorlas vir almal.” (30 Jun 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Die strooijonker wat sy plek ken [Tekslęer] [HTML] |
Ons kry in hierdie gedeelte ’n soort “foto” van Johannes die Doper. Dis ’n snaakse foto dié. Sê nou maar iemand sou vir jou ’n foto van jouself vra en jy sê jammer jy het nie ’n foto van jouself nie‚ maar jy het ander foto’s van wie jy nie is nie. Jy gee nou drie of vier ander foto’s vir daardie persoon: een van Nelson Mandela‚ een van Evita Bezuidenhout en een van Madonna. Jy sê vir daardie persoon kyk daarna en dan kan jy ’n goeie idee van my kry omdat jy weet wie ek nie is nie. Belaglik nê? Ons sal dit nie sommer doen nie. Ons sal eerder ’n portefeulje‚ ’n foto-album van onsself vir daardie persoon gee. Hierdie portefeulje sal foto’s bevat van toe ek gedoop is‚ en van toe ek in Graad 2 eerste in die atletiek gekom het en in Graad 12 op die leerlingraad was en graad gekry het en getroud is en van my kinders. Hopelik sal hy of sy dan agterkom wie ek nou eintlik is. (23 Jun 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
God talm soms [Tekslęer] [HTML] |
Vir twee kritieke dae het Jesus nie ’n vinger verroer om Lasarus se toestand te verbeter of te verander nie. Die Here Jesus het Lasarus se toestand nie eers gestabiliseer nie. Lasarus het fisiek by die uur agteruit gegaan totdat hy twee dae later uiteindelik gesterf het. (16 Jun 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Vertroue in die Here [Tekslęer] [HTML] |
Vertroue tussen mense is iets wat in die gekompliseerde struktuur van die hedendaagse samelewing al hoe meer ingewikkeld raak. Daar was ’n tyd toe vertroue tussen mense gespruit het uit eer en wedersydse eerbied. Omdat hierdie lewenswaardes egter met verloop van tyd om verskillende redes hul bindende krag verloor het‚ het die negatiewe sy daarvan‚ naamlik wantroue‚ soos ’n parasiet aan die wortels van hierdie edele‚ menslike karaktertrekke geknaag en dit waaroor daar eers geen twyfel bestaan het nie‚ ’n risiko gemaak. Daarom beleef ons ’n tyd waarin iemand se erewoord nie meer altyd deur eer gedra en gewaarborg word nie; daarom word daarop aangedring dat alle ooreenkomste van groot waarde deur geskrewe kontrakte verseël moet word. Persoonlike handtekeninge en dié van getuies het nodig geword om ’n erewoord te vervang. (09 Jun 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Net by God vind ek rus [Tekslęer] [HTML] |
Wie van ons het nie ’n behoefte aan rus nie? Wie van ons smag nie om tog net vir ’n oomblik te kan ontspan‚ te kan asemhaal‚ in ons gejaagde samelewing ’n slag tot jou sinne te kan kom nie? Stilte‚ ag‚ ek sou my koninkryk kon prysgee net vir ’n bietjie stilte! (02 Jun 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Is my geloof groot genoeg? [Tekslęer] [HTML] |
Ek kan sien hoe die dissipels se oë rek: Vir niemand ’n struikelblok wees nie? Nee‚ dit is nie moontlik nie; as jy dít wil doen‚ dan moet jy regtig meer geloof hê. Maar Jesus laat dit nie daar nie. As jou broeder teen jou sondig bestraf hom en as hy berou het‚ vergewe hom – tot sewe maal op een dag. Ek kan sien hoe die dissipels se oë nog groter rek. Om iemand net een keer op ’n dag te vergewe is al moeilik genoeg‚ wat nog van sewe keer. Hulle voel dat dit menslik gesproke te veel gevra is. (26 May 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Geloof op `n hobbelpad [Tekslęer] [HTML] |
Die lewe is ’n klaskamer. Ons word gereeld gekonfronteer met onverwagse vrae en periodieke eksamens. Jy kan nie ’n klaskamer sonder toetse hê nie – ten minste‚ ek het nog nooit een gesien nie. Ek het nog nooit gesien dat enigiemand ’n matrieksertifikaat‚ kollege-diploma of universiteitsgraad ontvang sonder om eksamen af te lê nie. Dwarsdeur die opvoedkundige proses word ons kennis op die basis van eksamens geëvalueer. Die leerplan van Christen-wees (nie Christen-word nie‚ want geloof is ’n gratis geskenk!) werk op dieselfde prinsiepe. Ons Christelike volwassenheid word verwerf deur ons vermoë om die toetse wat na ons kant toe kom‚ te weerstaan sonder dat ons fondamente daardeur geskud hoef te word of dat ons in ’n emosionele of geestelike vryval hoef te beland. (18 May 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Petrus |
|
Wat as ... [Tekslęer] [HTML] |
God wil hê ons moet nou in die wêreld aktief positief leef. En as dit moet‚ dan moet ons by wyse van spreke leer om selfs onder die water asem te haal sonder suurstofsilinders. Nóú is dit die tyd om as Christen ’n verskil in hierdie wêreld te maak. Hierin het ons die sterkste bondgenoot‚ die Heilige Gees. Hy vra dit van ons soos Hy dit van Moses gevra het‚ wat gehakkel het; soos van Elia‚ wat met moeilike mense moes gaan werk; soos van Jeremia wat gekla het dat hy te jonk is; soos van Paulus‚ wat bely het: “Die werk van God word in swakheid volbring.” Die Heilige Gees wil ons visie vergroot en verbreed. Die Gees wil ons voortdurend GEESDRIF en GEESDURF gee vir die taak; ons oë open‚ en in die proses ons klein wêreldjies oopbreek om die nood van ander raak te sien. (12 May 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Handelinge |
|
Verwondering oor God [Tekslęer] [HTML] |
Soms wil ons graag vir God in ’n beker toemaak. Miskien veral wanneer daar iets in my lewe gebeur wat ek nie verwag het nie. Wanneer ek so seergekry het dat dit vir my voel my lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Alles het verander. Ek sal nooit weer met dieselfde oë na die wêreld en na myself en selfs na God kan kyk nie. Dinge sal van nou af nooit weer dieselfde wees nie. (04 May 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Job |
|
Hier is Ek! Hier is Ek! [Tekslęer] [HTML] |
Hier in Jesaja 65 sê Hy‚ selfs al het Israel nie na Hom gesoek nie‚ het Hy na hulle geroep: hier is ek! hier is ek! Hy sê dit vandag ook vir ons. Ja‚ sonder dat ons Hom hoef te dwing‚ voordat ons Hom nog soek of aanroep‚ steek Hy sy hande ook na óns toe uit. Daarom kan ons met ons uitmergelende‚ alles-ondermynende twyfel gerus maar na Hom gaan. Want Hy is vir ons ’n toevlug (Ps. 46:1). Ons kan na Hom toe vlug. (28 Apr 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Christus en die Samaritaanse vrou [Tekslęer] [HTML] |
Christus knoop ’n gesprek met hierdie vrou aan om by háár behoefte te kom. Ons lees mos dat Hy deur Samaria moes (v. 4) gaan. Dan verdwyn Sy eie behoeftes op die agtergrond. Selfs toe Hy later aan die kruis uitgeroep het: “Ek het dors!” het Hy dit met ’n doel gedoen. Hy het krag nodig gehad om vir laas met ’n groot stem uit te roep: “Dit is volbring!” (21 Apr 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
`n Loflied tot eer van God die Skepper-Koning [Tekslęer] [HTML] |
Dit was nie net Israel wat geglo het dat die hemel en die aarde geskep is nie‚ al die omringende volke en godsdienste‚ destyds‚ het dit ook geglo. Die besondere van die Bybelboodskap oor die skepping is daarom nie dat die wêreld geskep is nie‚ maar Wie die wêreld geskep het‚ en wat Sy plan met die mens is. (15 Apr 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Die oorvloed wat God gee [Tekslęer] [HTML] |
Nie enigiemand kon aan die koning se tafel aansit om te eet nie. Jy moes ’n uitnodiging daarvoor ontvang. En as die geluk jou getref het om ’n uitnodiging te kry‚ het jy nie “nee” gesê nie. Wanneer ons soms saam eet‚ dan vra ons: “Is daar nog van die boontjies oor?” Aan die koning se tafel het jy nooit nodig gehad om dít te vra nie. Alles op die spyskaart was daar in oorvloed. (07 Apr 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Samuel |
|
God se visie vir ons [Tekslęer] [HTML] |
Petrus begin hierdie perikoop met ’n dringende‚ dog eenvoudige stelling: “Die einde van alles is naby.” Deur dit te doen beklemtoon hy nie net die dringendheid van die oomblik nie‚ hy vereenvoudig ook die beplanning. Hy laat sy lesers met vier direkte opdragte om te gehoorsaam en een duidelike doel om na te streef. (31 Mar 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Petrus |
|
God bly altyd in beheer [Tekslęer] [HTML] |
Is dit moontlik dat God jou kan verlaat? Los Hy jou partykeer om self reg te kom‚ self voort te sukkel deur die moeras waarin jy jou bevind? Iemand wat redelik sinies was‚ skryf: “God is nie dood nie; Hy het net saggies padgegee.” Dis duidelik dat baie mense dit al so beleef het. Dit VOEL baie keer asof God jou verlaat het. (24 Mar 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jona |
|
God help in nood [Tekslęer] [HTML] |
Na aanleiding van Psalm 46:2 wil ek die vraag vra: Wat verwag ons van God? Wat sal jy op hierdie vraag antwoord? Ek glo ons antwoorde sal uiteenlopend wees‚ maar in een opsig sal hulle met mekaar ooreenstem en dit is dat ons die goeie van God verwag. (17 Mar 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
God is jou skild [Tekslęer] [HTML] |
Die Woord van die Here vra vandag vir ons: Kan jy iets van jouself as ’n skild voor die sataniese magte voorhou? Kan jy hierdie vurige pyle met jou eie skild uitblus? Kan jy? Laat ons dit maar eerlik vir mekaar sê: Ons kan nie. Dit sou uiters verwaand wees om jou eie kartonskild voor te wil hou en te dink jy gaan oorleef‚ dit sal inderdaad ook die krag van God loën. Want daardeur sê jy eintlik: Here‚ ek dink my skild is beter as U. En hoe baie keer doen ons dit nie! Hoe baie keer probeer ons nie eers self iets nie‚ en as dit nie uitwerk nie‚ dan is die Here met sy groot mag nog altyd daar as ’n agterdeur. (10 Mar 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Efesiërs |
|
Die nuwe jy [Tekslęer] [HTML] |
Kom ons kyk vir ’n oomblik na onsself deur God se oë. Wat sien ons dan? Allereers ’n sondaar. Bygesê: ’n geliefde sondaar; ’n sondaar wat tog God se kind is; ’n wegloopkind wie se saak met sy Vader reggemaak is; ’n mens wat met God versoen is. Ja‚ die prentjie van myself deur God se oë‚ is nuut en vars en anders. Ek hoef myself nie meer te vind nie‚ want God het my gevind. Dit maak nie saak hoe die wêreld na my kyk nie. (04 Mar 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Korintiërs |
|
Christus eerste [Tekslęer] [HTML] |
Mens kan jou regtig aan hierdie teks verkyk! So met die eerste oogopslag wil ’n mens sê: Was dit nie verskriklik eiewys van Apollos nie? Paulus het hom tog mooi gevra – nie beveel nie; nie paternalisties opgedra nie‚ maar herhaaldelik gevra om na Korinte toe te gaan. Apollos bly egter weier. Dit klink amper of hy sê: “Ek sal gaan wanneer dit my pas.” Is dit nou die houding wat ’n mens behoort in te slaan as ’n ouer persoon‚ ’n apostel jou iets vra? Is dit nou weer die verhaal van die arrogante jeug‚ wat altyd beter wil weet as die ouer mense met al hulle ervaring? (24 Feb 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Korintiërs |
|
God is lig [Tekslęer] [HTML] |
Johannes wil vandag vir ons vra: “Hoe sou jy die evangelie opsom?” Johannes doen dit deur te sê:
God is lig‚ en daar is geen duisternis in Hom nie. (19 Feb 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Johannes |
|
Goeie Nuus [Tekslęer] [HTML] |
In die plek van ’n doringbos sal daar ’n sipres opskiet‚ in die plek van ’n dissel sal daar ’n mirteboom opskiet. Dit sal tot eer van die Here wees‚ ’n blywende teken wat nooit vernietig sal word nie. (11 Feb 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Isak die gebedsman [Tekslęer] [HTML] |
Juis omdat die hemelse Vader goed is‚ sal Hy nie net goeie dinge gee vir dié wat daarom vra nie‚ maar nog baie meer doen. Hy sal die hoogste gawe‚ die Heilige Gees‚ gee vir dié wat vra. Die goeie gawe van die hemelse Vader is nie in die eerste plek aardse goed nie‚ selfs nie goeie goed nie‚ maar die Heilige Gees. Jy kan vir seker weet: as jy die Heilige Gees van God vra‚ sál God sy Gees aan jou gee! Die Gees wat die waarborg is dat ons in God se volle erfenis sal deel. Dit is interessant dat dieselfde woord wat in klassieke (Bybelse) Grieks vir waarborg gebruik word‚ in moderne Grieks vir ’n verloofring gebruik word. Nou kan ons ons net nog meer verwonder‚ want leer die Bybel ons nie dat wanneer ons nie kan bid nie of onseker is wat ons moet bid‚ bid die Heilige Gees hartstogtelik God se wil oor ons af (Rom. 8:26-27). Hy werk nie om ons laste weg te neem nie‚ maar eerder om ons met ons las te help. Net soos Christus (Rom. 8:34; Heb. 7:25) tree die Gees gedurig vir ons in. (03 Feb 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Ek is [Tekslęer] [HTML] |
God roep na Moses uit die brandende bos! ’n Mens sou verwag dat Moses in die gloed van die heilige vlamme sal vergaan‚ dat hy binne sekondes tot poeier veras sou word. Maar wat gebeur? Hy word eerder aangestel om Israel uit die plek van slawerny uit te lei! Want die verterende Vuur is tegelykertyd die Verlosser van sy volk … Wat ’n vreemde God. Geen wonder nie dat Moses méér oor Hom wil weet‚ méér oor sy Naam te hore wil kom: “Wie is U‚ Here? Wat is u Naam?” (vgl. Eks. 3:13). (26 Jan 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Eksodus |
|
`n Spierwit klippie [Tekslęer] [HTML] |
“Ek ken jou werke en die plek waar jy woon‚ waar die troon van Satan is” (Openb. 2:13). Miskien moet ons eers die troos in hierdie vers raaksien. Die Here weet presies in watter moeilike omstandighede die kerk is. Hy weet dat hulle sosiaal eenkant toe geskuif is. Hy neem die moeilike situasie waarin hulle hul bevind in aanmerking‚ nie om daardeur sy standaarde vir Christen-wees te verlaag nie‚ maar bloot om te sê: Ek verstaan julle nood. (19 Jan 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Openbaring |
|
Ons goeie Herder [Tekslęer] [HTML] |
Ons hét ’n Herder. Ons is nie sonder hoop nie. Maar daarmee is nog nie alles gesê nie‚ is die evangelie van Esegiël 34 nog nie uitgepraat nie. Die goeie Herder wat ons het‚ lê sy lewe af vir sy skape. Die Koning word nie alleen ’n Herder nie‚ maar ook ’n Lam wat vir ons geslag word. God buig Hom so neer na die swakkes toe dat Hy self ’n swakke word. Hy vereenselwig Hom so met die lammetjies dat Hy self ’n Lammetjie word. Dis hoe God is. Hy tel sy skapies een vir een. Hy soek dié wat weggeraak het‚ bring dié terug wat weggedwaal het‚ versorg die wonde van dié wat seergekry het‚ en help die swakkes (vgl. Eseg. 34:16)‚ al kos dit Hom sy eie lewe. Hy hang in die storm aan ’n kruis sodat ek op die Herder se skoot mag kom sit. (13 Jan 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Esegieël |
|
Kyk terug, kyk na binne en kyk vorentoe [Tekslęer] [HTML] |
Hoe gaan ons die nuwe jaar ingaan? Is dit nie belangrik dat die gaping tussen Kersfees en Nuwejaar so kort is nie? Die een vloei as ’t ware in die ander een in. As ons by die krip van Betlehem stil word en hulde bring aan die Kindjie‚ dan moet ons ook ons tempel‚ ons kerke en ons huise skoonmaak en vir Hom plek maak. Dan moet ons elkeen opnuut kies Wie ons gaan dien. Dan moet ons ons lewens volledig aan Hom wy en kan ons die nuwe jaar met vreugde ingaan om as sy kinders tot sy eer te leef. (06 Jan 2009) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Die betroubaarheid van die Kers-evangelie [Tekslęer] [HTML] |
Hoe gaan ons hierdie feestyd deurbring? Gaan ons eet en drink en vrolik wees en net vir die uur op Kersdag aan Christus dink? Dan het ons die wese van hierdie feestyd gemis. Natuurlik mag ons vrolik wees en fees vier‚ maar vir ons spruit dit nou voort uit die wete dat God in Christus mý lewe kom verander het. Ek dink dit is belangrik dat ons hieroor vir onsself duidelikheid sal kry‚ anders mag dit dalk wees dat ons die ware betekenis van hierdie dag misloop. Christus het nie net na die wêreld in die algemeen gekom nie‚ maar vir elkeen van ons persoonlik – om ons van ons sonde te verlos! (08 Dec 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Timoteus |
|
Ons is in die hand van God [Tekslęer] [HTML] |
Esra was ’n skrifgeleerde. Meer presies: ’n priester-skrifgeleerde. In hierdie boek‚ wat sy naam dra‚ kom die uitdrukking “die goeie hand van God” opmerklik baie voor. Net soos wat blink oë innerlike geluk weerspieël‚ so verraai jou hande ook wat hier diep binne-in jou aangaan. Die hand van God oor Esra sê iets van die hart van God. Hierdie skrifgeleerde sou wonderlik daaroor kon getuig. Dit oorheers eintlik hierdie boek en is die kern van Esra se lewe. (01 Dec 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Esra |
|
Jesus was voete [Tekslęer] [HTML] |
Één woord oorheers Johannes se opsomming van die boodskap van die voetwassing: DIE LIEFDE van Jesus vir ons! (24 Nov 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Jou dwaas! [Tekslęer] [HTML] |
Die Bybel noem ’n mens nie sommer ’n dwaas nie. Daarvoor moet daar ’n goeie rede wees. As jy byvoorbeeld in jou hart sê daar is geen God nie (Ps. 14:1)‚ of as jy verkies om jou lewenshuis op die sand te bou (Matt. 7:26)‚ of as jy soos die vyf onverstandige maagde slaap terwyl die bruidegom kom (Matt. 25:5)‚ sê die Bybel: Jou dwaas! (17 Nov 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Konings |
|
Help my, Here! [Tekslęer] [HTML] |
Dat God die ongehoorsame Jona (wat weggevlug het met ’n boot van sy taak en opdrag af) uit die vis‚ uit die hel‚ uit die dood verlos‚ gee ons moed. As daar vir Jona hoop is‚ moet daar ook vir ons wees. Daar is met ander woorde geen agterstraat‚ geen besmetlikheid‚ geen histerie waarvan Hy ons nie kan verlos nie. Daarom is daar hoop vir die hopelose‚ genade vir die weerloses‚ hulp vir die hulpelose! Die God van Jona is ’n God van genade. Hy is God met ons! (10 Nov 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jona |
|
Volharding [Tekslęer] [HTML] |
In die kitseeu waarin ons leef‚ wil die mens skynbaar alles kitsklaar op ’n skinkbord hê. So baie het geen deursettingsvermoë nie. Daar word daar so min volhard. (04 Nov 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Job |
|
Die sin van geloof [Tekslęer] [HTML] |
Wat is nou eintlik die sin van die feit dat jy glo? Word jy ’n beter mens omdat jy glo? Kom ons begin deur te sê: Die feit dat jy glo gaan jou nie teen siektes en onheile beskerm nie. ’n Gelowige ondervind in hierdie lewe dieselfde moeite as ongelowiges. Soms selfs nog meer. Dink maar net aan Job. Geloof waarborg ook nie welvaart‚ gesondheid‚ ’n goeie loopbaan of ’n mooi huis nie. Inteendeel. Maar nou kan die gelowige dit vas en seker weet: die Here gebruik al hierdie dinge om ten goede in my lewe mee te werk. En Heb. 12:6 sê die Here tugtig diegene wat Hy lief het. Geloof waarborg dus nie goedkoop voorspoed nie. MAAR geloof maak dit vir ons moontlik om binne die ruimte van die onmoontlike te leef. (28 Oct 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Hebreërs |
|
Woorde [Tekslęer] [HTML] |
Wanneer ons dus met mekaar praat‚ moet dit goeie woorde wees‚ aangename woorde wees‚ waar woorde wees‚ moet God deur ons aan die woord‚ en so aan die Woord kom (1 Pet. 4:11). Ons woorde moet ander bou‚ stig en rig. Dit moet vriendelik wees en van goeie smaak getuig (Kol. 4:6). Dit moet die regte woord vir die regte tyd en geleentheid wees. Dit moet ’n woord wees wat pas … in die Woord.
Goue appels wat in silwer gemonteer is‚ so is die regte woord op die regte tyd (Spreuke 25:11). (21 Oct 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jakobus |
|
God self is die waarborg van sy betrokkenheid by my [Tekslęer] [HTML] |
Baie mense loop met die nare idee iewers in hulle agterkoppe dat hulle naam by God in die modder is. Daar is kinders wat so dink en daar is grootmense; daar is vrouens wat so dink en mans. Hulle het die gevoel dat God hulle verwerp het‚ eenkant toe gestoot het. Heimlik het hulle die siening dat God nou genoeg van hul gehad het. Diep binne-in hulle is daar die vae vermoede dat God daarop uit is om hul te kry. (14 Oct 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Twyfel [Tekslęer] [HTML] |
Toe Johannes hoor van alles wat Jesus gedoen het‚ stuur hy uit die tronk ’n afvaardiging na Jesus toe. Hy is letterlik in die gevangenis van die ou tyd. Die skottel waarop sy kop gedra gaan word‚ staan al skoon gewas in die paleis se kombuis. Hy deel ons skeptisisme want uit sy tronkvenster sien hy die armes in die strate bedel en die siekes wat die stegies versper. Snags hoor hy die krete van sy medegevangenes. Sy mense ly en werk en sterf onder die woestynson.
“Is U die Een wat sou kom‚ of moet ons ’n ander een verwag?”
(07 Oct 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Ek is bekommerd [Tekslęer] [HTML] |
Bekommernis‚ het die Spreukedigter gesê: is die einde van vreugde (14:13). Elders sê die Spreukedigter: Bekommernis in die hart van die mens druk dit neer (12:25). As ons rondom ons kyk dan sien en ervaar ons so min vreugde en blydskap. Mense loop in die strate‚ met kommer wat uit die stroewe gesigte en tam houdings blyk. Mense is so dikwels diep terneergedruk; platgedruk deur bekommernis. (01 Oct 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Eksodus |
|
Skuldig of onskuldig? [Tekslęer] [HTML] |
As ’n mens jou oortuigings van God en van God se wette probeer losmaak‚ dan werk dit meestal vernietigend op jouself in. Dan is jou werke en dade tot mislukking gedoem. ’n Mens raak nie vry as jy jouself van God se wet probeer vrymaak nie. ’n Mens word ook nie vry deur goedkeuring te begin verleen aan sondige optredes nie. Vryheid gaan nie gepaard met ’n immorele leefwyse en waardes nie. Die teendeel is eerder waar. God se wet maak ’n mens vry van sonde en beskerm ’n mens teen sonde en vernietiging. God se wet leer ons wat regverdigheid en heiligheid beteken. En om goedkeurend teenoor sonde te staan‚ leer ons nie om in die beskerming van regverdigheid te lewe nie‚ maar ontneem ons en ander die kans om binne die ruimte van God se beskerming te lewe. (22 Sep 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Timoteus |
|
Jesus is ons Verlosser!-Deel in sy vreugde! [Tekslęer] [HTML] |
Ons fokus vandag op die eienaar se aanprysing/afwysing van die slawe: “Jy is ’n goeie en getroue slaaf!” of: “Jy is ’n slegte en lui slaaf!” en op sy oproep: “Kom in en deel in my vreugde!” (15 Sep 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Geloof en rede [Tekslęer] [HTML] |
Ek wil vandag ’n baie belangrike feit onder jou aandag bring: JOU PERSEPSIE IS JOU REALITEIT. Wat meer is‚ wanneer jy iemand probeer oortuig dat sy persepsie verkeerd is‚ is dit so goed jy probeer op water skryf. Naäman se persepsie was dat die Jordaan se water minderwaardig is‚ maar nie dié van Assirië nie. Sy persepsie‚ wat sy realiteit was‚ het hom byna sy lewe gekos. Ons persepsies word aanvaar asof hulle die reine waarheid is (al is hul foutief!). Hulle is in ons onderbewuste ingegraveer en alles wat ons doen en sê word deur hul beheer. Die gemiddelde tiener het reeds sowat 3 000 000 negatiewe stellings en slegs 300 00 positiewe stellings aangehoor. Sê my‚ hoe gaan ek en jy oorwegend reageer—positief of negatief? Nog een voorbeeld uit die natuur: In Indië word olifante gebruik om harde werk te doen. Van jongs af word hulle met kettings vasgemaak om te keer dat hul wegloop. Na ongeveer 3 jaar kan jy daardie selfde olifante met ’n stukkie wol vasbind en hulle sal nie wegloop nie. Hulle dink steeds dat die wol ’n ketting is wat keer dat hul wegloop. Net so diep is ons eie persepsies ingegraveer. (08 Sep 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Konings |
|
Voëls en blomme en die sorge van die lewe [Tekslęer] [HTML] |
Die Bybel is ’n spieël. Deur ernstig daarna te kyk‚ en dit sorgvuldig en biddend te lees‚ sal ons onsself sien soos God ons sien. Ons sal besef dat ons in sy oë sondig is‚ dat Hy ons liefhet‚ en dat Hy wil hê dat ons Hom moet liefhê. Deur in hierdie Goddelike spieël te kyk‚ kry ons ook ’n beeld van hoe ons eendag sal wees. Die apostel Paulus sê: “Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël en sien ’n raaiselagtige beeld‚ maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik‚ maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken” (1 Kor. 13:13). (02 Sep 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Sonder pretensie voor God [Tekslęer] [HTML] |
Sien‚ ons kan nie God se arm draai om deur middel van goeie werke Sy guns te wen nie. Die Fariseër se vas en bid en tiendes het nie vir God punte getel nie. Hoekom nie? Wel‚ langs ’n tollenaar lyk ’n Fariseër dalk baie goed uit ’n menslike oogpunt. Maar deur God se oë‚ God wat binne in ’n mens se hart sien‚ weeg die skaal van ons verdorwenheid veel swaarder. Die Fariseër se probleem was dat hy sy godsdiens veruiterlik het. Hy het gedink hy kan God dien om daardeur voordeel te trek. God is niks aan ons verskuldig nie. God is ons genadig! (25 Aug 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Lewe in die hand van die Here [Tekslęer] [HTML] |
Psalm 16 sê vir ons: Leef positief! Christene moet hulle onderskei van die res van die wêreld deur die getuienis wat hulle dra en die manier waarop hulle lewe. Hulle is mense met ’n toekoms. Mense met God in hulle toekoms. Ten spyte van omstandighede‚ ten spyte van onrus en aftakeling en verlies. Ons is besig om gereed te maak vir ’n bruilof. En ons tooi onsself as die bruid. Christene is mense wat feestelik lewe; wat saam met God lewe! (18 Aug 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Wanneer ek God nie kan sien nie [Tekslęer] [HTML] |
Almal van ons kom van tyd tot tyd voor toe-deure te staan. Voor spreekwoordelike Goliatte (reuse) wat dreig om jou te oorweldig. Situasies wat ons gevange neem‚ inperk‚ laat wanhoop. Situasies wat ons laat wonder: Gaan ek‚ gaan ons‚ óóit hieruit kom? Is dit nou wérklik die einde van die pad‚ nou die finale doodloopstraat die? (04 Aug 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Klaagliedere |
|
Wanneer sal dit gebeur? [Tekslęer] [HTML] |
Wanneer Christus in sy profetiese rede die gordyn voor die toekoms ’n bietjie wegtrek‚ spaar Hy nie sy dissipels nie. Hy is eerlik met hulle en sê vir hulle: Daar kom swaar tye. Dwaalprofete. Valse Messiasse. Selfaangestelde verlossers wat die wêreld in nood bestook met húlle resepte vir ’n hemel op aarde. Oorlogsgeweld. Gerugte van oorloë. Oorloë ver en naby: botsings waarin mens self betrokke is‚ ander waarvan jy net die dreuning hoor. Magskonfrontasies. Konflik tussen volke. Hongersnood. Pestilensies en epidemies. (28 Jul 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Markus |
|
Die naaste wat die verste is [Tekslęer] [HTML] |
Ek dink julle sal dalk saamstem dat die Obadja-profesie – êrens in die Ou Testament geliasseer tussen Amos en Jona – vir die nie-teologiese-geskoolde Bybelleser ’n vergete boek geword het. Die “dapper” Bybelleser wat nog probeer om hierdie boekie van 21 verse by geleentheid te lees‚ moet teleurgesteld die aftog blaas en erken dat dit nou maar eenmaal ’n “geslote” boek sal bly – bedoel vir teoloë. Nee‚ kom ons vra vandag watter boodskap Obadja vir my het‚ ja‚ ekke wat ’n worstelaar is om sinvol mens te wees in die een en twintigste eeu? (21 Jul 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Obadja |
|
Moenie agterbly nie [Tekslęer] [HTML] |
Paulus het besef hoe belangrik dit is dat ons ons in die geloof moet oefen. Derhalwe spoor hy vir Timoteus aan “om in toewyding aan God te lewe.” Ons woord gimnastiek‚ is duidelik herkenbaar in die Griekse werkwoord gumnadze wat hier gebruik word (1 Tim. 4:7). Daar word dus van die gelowige geestelike gimnastiek verwag! Dit is iets waarin ons ons daagliks moet oefen. (14 Jul 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Hebreërs |
|
Net hierdie een keer [Tekslęer] [HTML] |
Simson se geskiedenis kan seker die beste met die volgende drie woorde ten spyte van getipeer word. Ten spyte van die mooi dinge wat by sy geboorte gesê is‚ spreek sy lewenseinde die droewige taal van mislukking. Ten spyte van die hoë verwagtinge wat van hom gekoester is‚ het hy as ’n gevangene in die hande van die vyand geëindig. Ten spyte van die nasireërseed waardeur hy aan God gewy is‚ het hy self sy lewe verwoes. Ten spyte van die bonatuurlike krag waaroor hy beskik het‚ het hy geëindig as ’n swakkeling in die mag van ’n listige vrou. (23 Jun 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Rigters |
|
Daar is iemand wat kan troos [Tekslęer] [HTML] |
Weet jy hoe maklik gebeur dit vandag dat mense val en dan sommer bly lê. As ons na alles rondom ons kyk; wanneer nuusflitse en koerantberigte in jou gesigsveld kom‚ dan kan dit maklik gebeur dat mense struikel en sommer soms net lewensmoeg bly lê. Mense voel wanhopig. Dit is nie net omstandighede van buite (eksterne aangeleenthede) wat dit aan jou doen nie‚ jy kan selfs stoksielalleen voel in die beton-oerwoud waar jy werk. Vanaand alleen in jou eie woonstel‚ met jou eie gedagtes. Jy kan selfs alleen wees tussen baie vriendelike mense. Malend tussen ’n mense-menigte. (16 Jun 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Romeine |
|
Hoe dik is jou Bybel? [Tekslęer] [HTML] |
Kom ons luister na wat die Prediker in een van sy spreuke sê: “Wie ’n muur afbreek‚ word deur ’n slang gepik.” Die voorstelling hier is dat daar ’n muur tussen jou en ’n slang is. Solank die muur daar is‚ is jy veilig‚ maar as jy ’n gat in die muur sou maak of begin om dit af te breek‚ bestaan die moontlikheid dat dit vir die slang makliker is om jou te pik‚ want jou beskerming is weggeneem. (09 Jun 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Prediker |
|
Hoekom glo [Tekslęer] [HTML] |
Wat se voordeel hou dit vir ons in om te glo? Is dit nodig om te glo? Word jy ’n beter mens omdat jy glo? Kom ons sê dadelik: Die feit dat jy glo gaan jou nie teen siektes en teenspoed beskerm nie. ’n Gelowige beleef in hierdie lewe maar dieselfde moeite en verdriet as ongelowiges. Soms selfs nog meer. Dink maar net aan Paulus en Job. Geloof waarborg ook nie welvaart‚ gesondheid‚ ’n goeie loopbaan of ’n mooi huis nie. Inteendeel‚ geloof waarborg nie goedkoop voorspoed nie. (02 Jun 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Habakuk |
|
Die onregverdige bestuurder [Tekslęer] [HTML] |
Met hierdie gelykenis wil Jesus ons leer dat ons Sy rentmeesters is. In Psalm 8:7 sê Dawid: “U laat hom [die mens] heers oor die werk van u hande‚ U het alles aan hom onderwerp.” Die mens het dus geweldige mag‚ die vraag is wat gaan hy daarmee doen? Gaan hy God dien of gaan hy homself dien. Ons mag nie skynheilig wees nie. Ons mag God nie net Sondae in die erediens dien nie‚ ons moet hom ook Maandag en al die ander dae van die week dien. Ons mag onder geen omstandighede‚ spreekwoordelik‚ Sondae en Maandae van mekaar skei nie. God is nie net op Sondae God nie; Hy is elke dag‚ elke oomblik van die week ook God. (26 May 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Wanneer jou węreld in duie stort [Tekslęer] [HTML] |
Dawid vra in Psalm 11:3 eintlik ’n baie universele vraag. “As die fondamente ondermyn of omgegooi word‚ wat kan die regverdige daaraan doen?” Wat die presiese omvang van hierdie krisis van Dawid was weet ons nie. Blykbaar het sy vyande die oorhand oor hom gekry en is hulle besig om die gevestigde strukture af te breek (11:3) en poog hulle om hom om die lewe te bring (11:2). Ons kan sê dat Dawid werklik ’n eksistensiële (of bestaanskrisis) beleef het. (20 May 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Die ABC van die evangelie [Tekslęer] [HTML] |
Wanneer die Bybel oor die mens praat‚ word daar altyd eers oor God gepraat. Ons kan onsself en ons menslike identiteit nooit verstaan as ons dit nie beskou in die lig van God se selfopenbaring nie. Eers wanneer ons sien wie en wat God is‚ sien ons wie en wat onsself is. Daarom begin Psalm 8‚ waarin die mees verhewe dinge in die hele Bybel oor die mens gesê word‚ noodwendig met ’n loflied op die Skepper. Die wonder van die feit dat ons God se naamdraende verteenwoordigers is‚ kan nie verstaan word sonder die besef van “… hoe wonderbaar is U Naam oor die hele aarde” nie. Ons waarde stam uit die feit dat ons sy maaksel is. Ons waarde is dus uit God‚ deur God‚ voor God. (13 May 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
God bewaar sy kinders [Tekslęer] [HTML] |
Psalm 121. En boaan staan dat dit ’n pelgrimslied is. Waarskynlik is hierdie pelgrim van God se huis op pad terug na sy eie huis. Hy getuig hoedat die Here hom beskerm‚ nie net teen gevare op pad nie‚ maar ook op die lewenspad. Daarom hoef hy nie bang te wees vir natuurlike of onnatuurlike gevare nie. Selfs vermeende bonatuurlike kragte soos die son en die maan kan niks doen aan iemand wat in God glo nie. Hulle is nie gode of duistere kragte nie‚ maar voorwerpe wat God gemaak het. Die pelgrim kan die tempelkompleks verlaat met die versekering dat hy ook buite die heiligdom onder die beskerming van die Here is. Die Here is die Skeppergod en alle voorwerpe en magte is aan Hom onderworpe. Enige bangmaakstories van duistere magte wat die gelowige bedreig‚ is dus onwaar. Daar is net Een wat ons lewenswandel beïnvloed‚ en dit is die Here wat vir altyd ons Beskermer is. (06 May 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Voorbidding [Tekslęer] [HTML] |
Ons leef in ’n tyd wat regtig arm is aan ontferming‚ aan omgee vir ons medemens. Onder die‚ van God vervreemde wêreld‚ is dit al erg genoeg‚ maar selfs gelowiges beleef dit vandag. Vir my persoonlik is dit hartseer om te weet dat ons mense nie meer met ’n innerlike ontferming oor mekaar bewoë is nie. Miskien dink jy dat dit darem nie heeltemal waar is nie. Jy vestig dadelik my aandag op al die pragtige werk wat deur verskillende liefdadigheidsorganisasies gedoen word om die ellende van die wêreld te versag. Daar is tog organisasies wat hulle elke dag besig hou om die lot van blindes‚ dowes‚ bejaardes en verwaarlose kinders te verbeter. Kerke doen werklik moeite om behoeftiges te help. Maar kan materiële dinge (geld) altyd alles reg maak? Elkeen van ons ken of weet van mense wat‚ dat as hulle vandag‚ nóú‚ te sterwe kom‚ dalk nie die ewige lewe as erfdeel sal verkry nie‚ maar wat dalk‚ hulleself ewig sal verwyt. (28 Apr 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
U leer my hoe om te lewe [Tekslęer] [HTML] |
Waarom lewe ek? En hoe moet ek lewe? Dit is vrae waarby ’n mens nie sommer verbykom nie. Hoe ons kennis ook al uitbrei en hoe verrassend die wetenskap en tegnologie veral in ons tyd die wêreld vir ons beskikbaar maak‚ bly die lewe self‚ die feit dat ons hier is‚ steeds die diepste van alle geheimenisse. (23 Apr 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Galasieërs |
|
Nie hierheen of daarheen nie maar boontoe [Tekslęer] [HTML] |
Wat die profeet hier uit die vuurstorm sien is nie ’n vlieënde piering nie‚ maar dit is die geweldige troonwa‚ die koninklike troonkoets van die Here God wat in ’n gesig (openbaring) uit die geopende hemel aan die profeet verskyn. Esegiël kon self nie in verstaanbare taal weergee wat hier aan hom geopenbaar word nie. Hy kon slegs by benadering beskryf van dit wat hy sien. (Hierdie is nie ’n foto nie). Die beskrywing van die visioen wat hy sien wemel van uitdrukkings soos: “daar was iets soos …; dit het gelyk soos …” Wat wel duidelik is‚ is dat God self aan Esegiël verskyn. Opsigself al klaar ’n oorweldigende feit. (15 Apr 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Esegieël |
|
God seën sy kinders [Tekslęer] [HTML] |
Die prentjie wat in Numeri 6 geteken word‚ wys vir ons dat die Israeliet ook die lewe in sy broosheid geken het. Hy staan by die tempeldeur vanwaar hy moet terugkeer na sy huis‚ na sy gewone lewe van elke dag‚ maar hy weet hoe baie dinge in die tyd wat voorlê verkeerd sou kon loop: misoeste‚ plae‚ wilde diere‚ aanvallers‚ siekte‚ die dood … Selfs op pad huis toe sou dit al kon gebeur … Vir so ’n mens word gesê: Moenie bang wees nie. God is daar. Hy weet van ons; Hy sorg vir ons. Ons kan weet dat sy seënende hand oor ons lewens gehou word. (08 Apr 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Numeri |
|
Die Gees en die bruid roep [Tekslęer] [HTML] |
Baie gelowiges speel eienaar-bouer oor hulle lewenshuise. Hulle neem die bouplanne eenvoudig uit die Gees se hande en trek op eie stoom nuwe planne vir hulle lewens op. Hulle word die argitekte van hulle eie lewens en verwag dat die Here hulle bouplanne telkens maar net moet goedkeur. Hierdie mense doen die meeste van die tyd nogal die “regte” godsdienstige dinge‚ soos om Sondag na Sondag kerk toe te gaan en Christelike byeenkomste by te woon ens. Maar in hulle hart het daar reeds ’n bewindsoorname‚ ’n paleisrewolusie in die kleine‚ plaasgevind. (02 Apr 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Openbaring |
|
God maak sy beloftes enduit waar [Tekslęer] [HTML] |
Selfs gelowiges twyfel soms. Dit kom soos ’n dief en sluip by jou agterdeur in. Hoe God jou in die geloof behou en hoe Hy jou van twyfel bevry‚ leer ons in Ef. 1:13‚ 14. God maak sy beloftes end-uit waar‚ want Hy staan borg vir sy beloftes om ons volkome te verlos. God waarborg sy beloftes aan die gelowige. God praat met die mens belofte-woorde en Hyself maak dit waar! (25 Mar 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Efesiërs |
|
Vlieg met arendsvlerke [Tekslęer] [HTML] |
Konsentreer op dit wat vóór gebeur. In die lewe moet jy nie gedurig omkyk nie. Truspieëltjies gooi jou bestaan in trurat. Dit geld by uitstek wat hoop betref. Hoop kyk nie om nie. Dan is jy inderdaad gedoem. Alles gebeur vóór jou. Die toekoms slurp onverbiddelik die hede in en spoeg dit uit as verlede tyd. Die verskil tussen Indië en die nuwe Jerusalem van die Openbaringboek is dít: Vir laasgenoemde benodig ’n mens nie “good luck” nie. Al wat jy nodig het‚ is “good hope.” - (Daniël Louw) (18 Mar 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Jy kan die lewe in oorvloed hê [Tekslęer] [HTML] |
Die somtotaal van Johannes 15 is ’n dringende versoek van Christus om in gemeenskap met Hom te bly. Die samelewing waarin ons leef is besig met ’n eksperiment om sonder Christus klaar te kom. Dit lyk asof Christene in hulle hart Christus opgegee het‚ hulle verhouding met Hom verbreek het‚ ophou om oor Hom te dink‚ ophou om Hom op hulle lewenspad mee te neem‚ ophou om in gesprek met Hom te bly. In Johannes 15 sê Jesus vir ons‚ ons wat selfstandig wil wees‚ van Hom afskeid wil neem‚ so min as moontlik met Hom te doen wil hê‚ “bly altyd in My want sonder My kan julle niks doen nie.” In Christus se laaste paar ure hier op aarde waar Hy intiem saam met sy dissipels kuier‚ probeer Hy nie leerstellige spykers omklink nie‚ maar Hy praat met hulle oor die betekenis van ’n lewe in sy liefde. (10 Mar 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
God luister fyn [Tekslęer] [HTML] |
Wat is eensaamheid? Ek is seker as ons koppe bymekaar moes sit om ’n definisie te vind‚ dit ’n omvattende oefening kan word. Een van die raakste “definisies” van eensaamheid hoor ons in Psalm 102:7-8:
Ek voel so verlate
soos ’n pelikaan in ’n woestyn‚
soos ’n uil tussen murasies.
As ek wakker word‚
voel ek soos ’n eensame voël
op ’n huis se dak.
(03 Mar 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jeremia |
|
Dink nuut oor jouself [Tekslęer] [HTML] |
Om nederig te wees is om leeg te wees van jouself en van eie belange. Dit word geïllustreer in die vernedering van die Seun van God. Van Christus sê Paulus dat Hy in die gestalte van God was. Nou groter heerlikheid kan daar seer sekerlik nie wees nie. As selfsug en eersug Christus se motiewe was‚ sou Hy nooit so ’n heerlike status prysgegee het nie. As Hy net aan sy eie belange gedink het‚ sou Hy nooit die hemel verlaat het nie. Hy sou Hom aan sy bestaan op Godgelyke wyse vasgeklem het. “Vasgeklem” is ’n greep wat weier om los te laat waaraan dit vashou. Hy het die gestalte van ’n slaaf aangeneem. En nog is het einde niet. Hy moes ook vir ons sterf. Dit was beslis nie ’n heldedood nie. “Hy was gehoorsaam tot in die dood‚ ja‚ die dood van die kruis” (Fil. 2:8). Dit was die ergste. Die kruisdood was die dood van ’n vervloekte (Gal. 3:13). (25 Feb 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Petrus |
|
Jesus bring lewe en blydskap [Tekslęer] [HTML] |
Die vraag wat ek vir my self gevra het toe ek die gedeelte gelees het‚ is waarom spandeer Lukas‚ die skrywer van Handelinge‚ soveel aandag aan die genesing van hierdie man wat van sy geboorte af verlam‚ was? Daar was tog ook ander wondergenesings in dieselfde tyd (Hand. 5:12‚ 15‚ 16) waaraan nie soveel aandag gegee word nie. Het die genesing van hierdie verlamde man vir Lukas – ’n dokter van beroep – die meeste beïndruk? (18 Feb 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Handelinge |
|
Geestelikegroei [Tekslęer] [HTML] |
Die vrug van die Gees word teenoor die praktyke van die sondige natuur gestel. Na dié mate waarin die vrug in jou lewe groei‚ is daar al minder en minder plek vir die sonde. Dan oorwin jy die kwaad deur die goeie (Rom. 12:21)‚ en groei jou karakter. Kom ons kyk kortliks na die onderskeie eienskappe van die vrug van die Gees. (11 Feb 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Galasieërs |
|
Glassplintertjies op woorde [Tekslęer] [HTML] |
By geleentheid het iemand gesê dat die woord “liefde” so kwistig gebruik word‚ dat dit rondgelek is‚ al die skerp kante is glad gelek. Moet ons nie dalk begin om glassplintertjies op die woord “liefde” te plak‚ sodat dit nie meer so maklik oor die tong rol en nie meer ’n rondgelekte woord sal wees nie? Dis wat Johannes doen: hy plak glassplintertjies op woorde waarmee die mense van sy tyd hulle verhouding met God beskryf‚ sodat dit hulle tonge rasper en hulle dwing om met groter bedagsaamheid oor God te praat. (04 Feb 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Johannes |
|
God is onveranderlik; Hy is ALTYD dieselfde [Tekslęer] [HTML] |
God se plan en bedoeling met die skepping van die mens kry sy gestalte in die opeenvolgende geslagte. Die seën wat God die mens toegesê het is nie leë woorde nie‚ maar ’n werkende en effektiewe krag. Die geslagregister is nie daar om interessante gegewens vir ons beskikbaar te stel om in ons sakboekie of in die argief te gaan opteken nie. Dit bring ons eerder voor die waarheid van ons bestaan en voor die werklikheid van die lewende God te staan. (28 Jan 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
God, die almagtige Vader regeer [Tekslęer] [HTML] |
BAIE mense dink‚ dikwels onbewustelik‚ dat die verhouding tussen God en die Bose soos dié tussen twee toutrekspanne is. Soms wen die een span (God)‚ en soms die ander (die Bose)‚ en soms is die twee ewe sterk. As dit dus goed gaan in die wêreld‚ as daar minder oorloë‚ rampe en siektes is‚ en as dit veral met mý goed gaan‚ is God aan die wenkant. As dit egter sleg gaan en die toekoms donker lyk‚ is God die Een wat aan die korste ent trek. Ons mense is dan tussenin‚ ons word heen en weer gepluk in die wisselende triomf of neerlaag van die onderskeie partye‚ of ons word in die kragmeting in hoogspanning gehou – wat dikwels ondraaglik kan word. Ons kan breek. (21 Jan 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Die aanval op gebed [Tekslęer] [HTML] |
As daar nou een ding is waarvan ons te min deurdronge is‚ dan is dit die kragtige betekenis van die gebed. Ons laat te maklik ons gebedshande ontwring. As ons net een maal elke dag bid‚ dan is dit hierdie jaar 366 keer. Dan is daar nog huislike en ander rusies waardeur ons gebede verhinder word (vgl. 1 Pet. 3:7) om nie te praat van al die heimlike sondes waardeur ons gebed of nagelaat of ’n vloek word nie. Dan is daar nog die selfsugtige gebede wat soos ’n seepbel uitmekaar spat. Hoeveel keer bid ’n mens dan nie? (15 Jan 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Daniël |
|
Die gesindheid van Christus [Tekslęer] [HTML] |
LUTHER het baie aangrypende dinge oor hierdie briefie van Paulus aan die Filippense gesê. So het hy hierdie brief aan die Filippense beskou as “’n brief vir Christene en vir niemand anders nie”! Juis omdat hy veel gemaak het van die gesindheid van Christus‚ het hy moeite gedoen om te onderstreep dat die gesindheid eers eg is as dit oorgaan in dade. Só was dit by Christus en so moet dit by sy navolgers wees‚ anders bly dit nutteloos. “Die liefde lê nie in woorde nie‚ maar dit moet in dade uitbreek …” (08 Jan 2008) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Filippense |
|
Reaksies op die geboorte van Jesus [Tekslęer] [HTML] |
Die verhaal van die Betlehemster is seker een van die bekendstes en ontroerendstes in die Bybel. Dit gryp die verbeelding aan. Ongelukkig kan dit ook tot allerlei fantasieë en wanvoorstellings aanleiding gee. Daarom is dit nodig om in ons Skrifverklaring nie op afdraaipaadjies te beland nie‚ maar die hoofsake in die oog te hou. (11 Dec 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Die geslagregister van Jesus Christus [Tekslęer] [HTML] |
MATTEUS was ’n Jood wat sy Evangelie in die eerste plek vir Jode en dan veral vir Christene wat uit die Jodedom gekom het‚ geskryf het. Hy wou sy eie mense oortuig het dat Jesus die verwagte Messias is wat sy volk verlos het‚ al was dit op heel ander wyse as wat hulle dit verwag het. Hy rig hierdie boodskap tot Christene uit die Jodedom op ’n tyd toe hulle vervolg is deur beide die Jode en die Romeinse owerheid. Dit het nie goed gegaan met hulle nie. Daar was wantroue en agterdog. Die gelowiges is dikwels uitgewerp uit die Joodse gemeenskap. So het daar spanning gekom tussen hulle en hulle familielede en hulle vroeëre geloofsgenote. Bowendien het die Jode en die Romeinse owerheid mekaar nie vertrou nie. Dit is dan dat Matteus vir hulle sê: Jesus is die Messias wat gekom het om die koninkryk van God op te rig. Hy het dit gedoen op ’n wyse wat heel anders is as wat hulle dit verwag het. Matteus het met sy Evangelie ook ten doel gehad om die gelowiges te bemoedig in die geloof. (04 Dec 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Hoorders en Daders [Tekslęer] [HTML] |
WOORDE‚ woorde‚ woorde. Dáárvan het ons deesdae genoeg. Oor die radio‚ die televisie‚ in die koerante‚ tydskrifte‚ boeke. Dit is ’n woordevloed wat oor ons breek en ons dikwels skoon verslae laat. As ’n mens se aandag deur so baie woorde opgeëis word‚ kan dit maklik gebeur dat jy later nie meer die kaf van die koring kan onderskei nie en nie meer weet waaraan om waarde te heg en waaraan nie. Dan word jy ’n aanhoorder van baie dinge‚ maar jy bly passief – geen woord maak genoeg indruk op jou om jou aan die gang te kry en tot die daad te beweeg nie. (27 Nov 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jakobus |
|
Honger jy jouself geestelik uit? [Tekslęer] [HTML] |
HOE dikwels dink ons nie: Dit kan ek nooit doen nie! Dit is te veel gevra! Meer so nog as dit gaan oor dinge wat die Here in sy Woord van ons vra. Ons het maar gedurig daardie gevoel dat die Here te veel van ons verwag; dat Hy nie altyd rekening hou met die feit dat ons maar net mense is nie. Dit sal natuurlik wonderlik wees as ons alles kan doen wat die Here van ons vra‚ maar hoe sal ons dit ooit kan regkry? As ons ander mense was‚ ja‚ mense met meer geloof‚ dan sou dit miskien tog nog moontlik gewees het – maar soos ons nóú is‚ kan ons dit net sowel vergeet. (21 Nov 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Hoop: `n Ontvlugting van onaanvaarbare situasies? [Tekslęer] [HTML] |
DIS NOU eenmaal so dat die lewe nie altyd ’n fees is nie. Dit gaan dikwels maar swaar – ook met gelowiges. Heel dikwels verkeer mense in situasies wat onaangenaam is. Dink maar aan siekte‚ pyn en lyding; aan die afsterwe van ’n geliefde; aan natuurrampe wat mense tref; aan ongelukke; aan krisisse in jou persoonlike lewe; ekonomiese krisisse. (13 Nov 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Daniël |
|
As slegte dinge met goeie mense gebeur [Tekslęer] [HTML] |
HIERDIE opskrif dui op een van die groot probleme van die lewe: waarom ’n goeie mens‚ wat dit eintlik glad nie verdien nie‚ moet swaarkry. Hiskia was ’n goeie koning. Hy was een van die heel bestes om op die troon van Dawid te sit en oor Juda te regeer. Sy pa‚ Agas‚ was ’n goddelose mens. Hy het ’n verdrag met die koning van Assirië gesluit om hom te help teen sy bure. Die Assiriërs het ingestem op voorwaarde dat Juda deel word van die Assiriese ryk en afgode begin dien. Só het een van die ergste periodes van afgodediens en afvalligheid in die geskiedenis van Juda begin. (06 Nov 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Kronieke |
|
Alles werk ten goede mee [Tekslęer] [HTML] |
SOMS troos ons mekaar met die woorde van Paulus in Romeine 8:28 dat alles tog op die ou end ten goede sal meewerk vir God se kinders. Vir iemand wat reeds in die moeilikheid is‚ is dit nie altyd regtig ’n troos nie. Want iemand wat reeds in die moeilikheid is‚ sien met moeite hoe sy/haar moeilike omstandighede enigiets goed kan voortbring of inhou. (30 Oct 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Samuel |
|
Wat is die ewige lewe? [Tekslęer] [HTML] |
VRAE is soos vergrootglase. Dit help om dinge duideliker en helderder te maak. Maar om ’n duideliker visie van iets te kry‚ moet ’n mens die vergrootglas in die regte rigting hou – met ander woorde jy moet die regte vrae aan die regte persoon vra. Vrae is amper soos om vis te vang. Of ek die gewenste vangs gaan maak‚ hang onder andere daarvan af of ek die hoek in die regte rigting en op die regte plek uitgegooi het. Dit beteken ek moet nie net vrae vra om my eie stem te hoor nie. Die kernvraag van hierdie teks‚ is: “Wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” (v. 17). Wys hierdie vergrootglas in die regte rigting? Is die hoek op die regte plek uitgegooi? Is die vraag aktueel? Ja‚ dis inderdaad ’n vraag in die kol! (23 Oct 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Markus |
|
Gelukkige treurendes ... ? [Tekslęer] [HTML] |
JESUS sê trane van rou kán verander in trane van blydskap‚ daar van die berg af‚ tweeduisend jaar gelede.
Om te treur is ons natuurlike reaksie oor die een of ander verlies wat ons ervaar het. Dit mag ’n egskeiding wees. Wanneer ’n gewone verhouding verbreek word‚ bring dit ’n periode van rou. ’n Kind wat kollege of universiteit toe gaan of die huis verlaat‚ ’n troeteldier of plant wat sterf‚ verhuising na ’n nuwe omgewing‚ die verlies van jou gesondheid‚ jou werk – alles kan veroorsaak dat jy treur‚ dat jy rou. As jy iets verloor wat vir jou baie belangrik is‚ dan veroorsaak dit dat jy rou. (16 Oct 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Hy kom met die wolke [Tekslęer] [HTML] |
’N LEWENSPROBLEEM van alle tye‚ maar wat veral vandag weer‚ soms onhanteerbare omvang aanneem‚ is mense se soeke na geluk. Hoe groter die kenmerk van ons tyd‚ verstedeliking‚ toeneem‚ hoe groter word die mens se hunkering na geluk. Hoe geleerder‚ hoe ryker‚ hoe gejaagder‚ des te koersloser‚ meer beset en meer bedruk word ons. Spanning en stres neem toe. Lewensgeluk neem af. (02 Oct 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Openbaring |
|
In Jesus het ons n vriend [Tekslęer] [HTML] |
HIERDIE gedeelte wat ons saam gelees het is natuurlik ’n wonderwerk. Maar wat is ’n wonder? ’n Wonder is ’n feit. Dit het werklik gebeur. ’n Mens sou die wonders gelykenisse in aksie kon noem. Hulle is soos die gelykenisse wat iets wil illustreer of openbaar‚ ’n punt wil toelig – net Jesus vertel hulle nie: HY DOEN HULLE. Die wonders is soos preke: dit het ’n boodskap – maar dit is nie preke met woorde nie‚ maar met dade. (25 Sep 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Doen die wil van God [Tekslęer] [HTML] |
DIT is so tragies dat verval so maklik en dikwels voorkom. Wat dit nog meer tragies maak‚ is dat verval onder kerkmense en selfs in die kerk voorkom. En dit soms as dit nie al te sleg gaan nie. Mens wonder of verval nie juis meer na vore kom in relatief goeie tye as in tye wanneer daar bedreigings van buite kom of wanneer mense swaar kry nie. Is dit nie so dat verval vandag aan die orde van die dag is nie? Ons hoor en lees van morele verval. Daar is verval in gesinsverband: huwelike‚ gesinne en families verbrokkel. Daar is verval in die gemeenskap. Oral word mens bewus van agteruitgang en verval. (04 Sep 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Esra |
|
Jy is meer werd as n mossie [Tekslęer] [HTML] |
Ons enigste troos in lewe en in sterwe is die wete “dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie‚ maar aan my getroue Verlosser‚ Jesus Christus‚ behoort!” Ja‚ dat “alles inderdaad tot my saligheid dien.” (28 Aug 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Dorings in die vlees [Tekslęer] [HTML] |
DAAR is tye wanneer die één ding wat jy wil hê‚ die een ding is wat jy nie kry nie. Jy is nie kieskeurig of veeleisend nie; jy is maar net gehoorsaam aan God se opdrag: … maak in alles julle begeertes … aan God bekend (Fil. 4:6). Al wat jy wil hê‚ is ’n oop deur of ’n ekstra dag of ’n verhoorde gebed‚ waarvoor jy dankbaar sal wees. (24 Aug 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Korintiërs |
|
Van jou word verwag om beter te doen [Tekslęer] [HTML] |
KINDERS voel partykeer dat pa en ma hulle onregverdig behandel. Kleinboet baklei met ousus oor ’n stukkie speelgoed. Dit is ousus se speelding. Pa of ma kom tussenin en sê vir ousus om te laat gaan. Ousus voel baie omgekrap‚ want sy is reg: dit ís dan haar speelding. En dan antwoord pa of ma met daardie woorde waarteen jy geen verweer het nie: (14 Aug 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Filemon |
|
Koop die tyd uit [Tekslęer] [HTML] |
GEEN ander verskoning word vandag meer dikwels gehoor as dat ons nie tyd het nie. Ons word deur ons horlosies regeer. Die mensdom storm oor die aarde en deur die lewe en by mekaar verby – slawe van die tyd. As Paulus dit nodig geag het om die Efesiërs te waarsku om die tyd uit te koop‚ hoeveel te meer geld dit dan nie vir ons wat in die straler-eeu leef nie. (07 Aug 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Efesiërs |
|
Moenie die Heilige Gees bedroef nie [Tekslęer] [HTML] |
DAAR is baie misverstand oor wie die Heilige Gees is en hoe Hy werk. Ons moet onthou dat geen mens ’n Christen kan wees sonder dat die Heilige Gees dit in hom of haar bewerk het nie. Dit is bv. die Heilige Gees wat oortuig van die sonde. Dit is Hy wat ons verseker dat ons in die regte verhouding tot God staan. Dit is verder baie belangrik om te onthou dat die Heilige Gees ’n persoon is. So dikwels dink ons aan die Heilige Gees as maar net ’n krag. Die feit dat die Heilige Gees ons kan leer‚ ons kan vertroos en dat Hy bedroef kan word‚ sê vir ons dat ons met ’n Persoon te doen het. Ons omgaan met die Heilige Gees bring ook ’n besondere verantwoordelikheid mee. Hy is die magtige gawe van Christus aan sy kerk. Maar hierdie gawe bring ook mee dat ons noukeurig met die Gees van God sal omgaan‚ anders kan ons nie deel in die seëninge wat Hy vir ons bring nie. (01 Aug 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Efesiërs |
|
Doen Jesus vandag nog wonderwerke? [Tekslęer] [HTML] |
DIE lewe is meer as wat ons dink en wat ons daarvan maak‚ meer as dat ons genoeg het om te eet en te drink‚ as dat ons gesond is‚ dat ons kan sien en hoor. Ons kan nie vir onsself die lewe maak of verseker deur soveel as moontlik vir onsself te versamel nie. Die lewe het ’n dieper dimensie‚ waarvan hierdie lewe slegs die begin is. (24 Jul 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Stappe teen geweld [Tekslęer] [HTML] |
DIE teks begin soos baie flieks deesdae: by ’n lyk wat in die veld lê. Dit is heel duidelik manslag. Die oorsaak van die dood is ’n messteek‚ of ’n kop wat met ’n klip ingeslaan is of verwurging of iets dergeliks. ’n Moord wek altyd emosies. Die familie soek weerwraak. Die omgewing se mense waar die man gebly het‚ begin wonder of hulle nie dalk volgende aan die beurt is nie. Die gemeenskap eis dat die skuldige gevang word. Iemand moet boet vir die moord sodat mense veiliger kan voel en veiliger kan leef. (17 Jul 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Deuteronomium |
|
Mens huil nie met een oog nie [Tekslęer] [HTML] |
DOEN aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. Of: wat jy nie wil hê dat mense aan jou moet doen nie‚ moet jy ook nie aan hulle doen nie. Dit is die “goue reël” wat feitlik alle mense – of hulle nou Christene is of nie – beaam. Om Christelik te lewe‚ verg egter meer as om die goue reël bloot te beaam. Dit verg om daarvolgens op te tree. Om hierdie reël uit te leef‚ kom egter nie vanself nie. Dit verg ’n ander natuur by mense. Om die waarheid te sê‚ vereis dit niks minder nie as ’n wedergeboorte. In een van die opleidingstukke van die Hospice-vereniging‚ daardie vereniging wat alles gee om die goue reël minstens teenoor terminale pasiënte uit te leef‚ staan die volgende waarheid: (26 Jun 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Die ou dinge het verbygegaan [Tekslęer] [HTML] |
JY is by jou beste vriendin se huweliksonthaal. Die twee van julle het sedert julle kinder dae oor hierdie dag gesels‚ en nou het dit aangebreek. Die erediens was wonderlik; almal lyk pragtig. Die leraar het alles foutloos gedoen en alles het glad verloop. Watter pragtige dag! “Ek sal na die onthaal omsien‚” het jy aangebied. Jy het alles tot in die fynste besonderhede beplan. Jy het ’n saal bespreek‚ self toesig gehou oor die spyseniering‚ die saal versier‚ en jou tant Petro gevra om die troukoek te bak. (19 Jun 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Wanneer vier maal drie dertien is [Tekslęer] [HTML] |
`N SIELKUNDIGE het eenkeer ’n baie interessante eksperiment gedoen. Hy het vyf kinders van so twaalf jaar oud by ’n tafel laat sit. Hulle het net een opdrag gehad. As hy hulle vra “Wat is vier maal drie?” dan moes hulle antwoord “dertien.” Natuurlik het hulle geweet die regte antwoord is twaalf‚ maar hulle moes ’n verkeerde antwoord gee. Toe bring die sielkundige ’n sesde kind in en laat hom ook aan die tafel sit. Hierdie kind het nie geweet van die ooreenkoms met die ander vyf nie. (12 Jun 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Esegieël |
|
Lewe in verhoudinge [Tekslęer] [HTML] |
MARTIN Buber het gesê dat elke mens in ’n tweeledige verhouding tot die wêreld rondom hom staan: ’n ek-dit- en ’n ek-jy-verhouding. Tot die dinge rondom my staan ek in ’n ek-dit-verhouding: die stoel‚ die blom‚ die boom‚ die fiets. Dit is almal dinge wat ek na willekeur ter hand kan neem‚ kan gebruik en bewonder‚ weggooi en selfs vernietig. (06 Jun 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Die dominee se seuntjie [Tekslęer] [HTML] |
Die dominee en sy elfjarige seuntjie het die gewoonte gehad om elke Sondagmiddag na kerk die dorp in te vaar en traktaatjies uit te deel met die evangelieboodskap op. Een Sondag kom die seun by Pa aan‚ toegewikkel in sy warmste klere: “Ek is reg pa!” Die dominee is effens uit die veld geslaan – dit is bitter koud en die reën kom af in emmersvol. “Nee Seun‚ ons kan nie vandag gaan nie – nie in hierdie eendeweer nie.” Teleurstelling is duidelik op die outjie se gesig te lees: “Maar Pa‚ gaan mense dan nie hel toe as dit reën nie?” “Kyk Seun‚ ek gaan beslis nie in sulke weer uit nie!” “Maar mag ek dan maar gaan Pa? Asseblief Pappie.” (25 May 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Wees met alles wat jy is, vrolik en bly [Tekslęer] [HTML] |
MENSE kan soms eienaardige opvattings oor God hê. Hulle dink aan God asof Hy nie regtig daar is nie. Partykeer dink hulle Hy het nie regtig ’n invloed op dinge wat hier op aarde gebeur nie. Kortom‚ mense dink klein oor God. Hulle sal nie sê daar is nie ’n God nie‚ hulle sê maar net God is nie regtig betrokke nie. Wanneer ’n mens so oor God begin dink‚ is dit net ’n klein treetjie om te gee na ander gode toe. As God dan nie regtig daar is nie‚ as Hy dan nie beheer het oor mense en volke nie‚ kan ’n ander god of ander gode dit miskien doen. As God nie regtig betrokke is nie‚ kan ek ook maar lewe soos ek wil‚ dit maak mos nie saak nie. (22 May 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Sefanja |
|
Geloof as borsharnas en hoop as helm [Tekslęer] [HTML] |
IEMAND het eenkeer gesê dis moeilik om deur die lewe te gaan; dis soos ’n blinde man wat in ’n donker kamer soek na ’n swart kat wat nie daar is nie! Só voel die lewe soms vir ons. Daar is talle gevare wat ons op ons lewensreis bedreig. As elkeen van ons nou sou kon sê‚ sou ons diepste vrese vir die lewe dalk vandag uitkom: vrees dat jy kanker kry‚ of bankrot verklaar word‚ of gekaap word‚ of skei‚ of dat iemand naby jou doodgaan en jy alleen oorbly. Al loop jy katvoet deur die lewe‚ versigtig en waaksaam‚ is die kanse goed dat jy sal val en sal seerkry. Vir die eenvoudige rede het ons iets ekstra nodig as intuïsie‚ of ander se raad‚ of ons gevoelsintuig: ons het geloof nodig om te leef. (15 May 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Tessalonisense |
|
Verbly julle in die Here [Tekslęer] [HTML] |
PAULUS begin sommer dadelik sy derde hoofstuk met: … Wees bly in die Here! Soos dit vir ’n ouer ’n vreugde is om sekere dinge deur herhaling by hulle kinders in te skerp‚ so doen Paulus dit ook graag‚ want dit gee sekerheid. Hy sê dan ook dadelik dat dit nie vir hom enige moeite is om dieselfde dinge aan die Filippense te skrywe nie (vgl. Fil. 3:10). Waarna sal die apostel verwys? Waarskynlik juis na die blydskap in die Here en na die feit dat Christene so ’n sleurgang in hulle lewe het. Die geestelike lewe van die gelowige word in hierdie gedeelte met ’n hardloopresies vergelyk. As jy na jou eie geestelike lewe kyk‚ hoe hardloop jy jou resies? Daar is ten minste drie moontlikhede: (01 May 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Filippense |
|
Mislukte klei [Tekslęer] [HTML] |
HET jy nou al dinge goed opgemors? Is daar hier en daar iets wat jy gedoen het en waaroor jy vandag spyt is? Partykeer wens mens jy het die geleenthede gehad wat jou kinders vandag het. Ander kere kan jy weer jou hare uit jou kop uittrek dat jy nie die geleenthede wat jy gehad het‚ benut het nie. Daar was kere wat ek my mond oopgemaak het‚ toe ek dit liewer moes toehou. Ander kere moes ek praat‚ maar ek het geswyg. Dan was daar kere wat ek besluit het om dinge te doen wat ek vandag insien plein dom en dwaas was. (24 Apr 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Waarom Here, waarom moet ek ly? [Tekslęer] [HTML] |
WAAROM? Só weerklink ’n eeue-oue vraag‚ tipies menslik‚ gevra deur alle mense in nood. Mense vra die vraag wanneer groot katastrofes die aarde tref. Wanneer vulkane en orkane duisende dood en dakloos laat. Wanneer groot rampe en hongersnood miljoene afmaai en moedeloos laat. Wanneer siekte oor die aardbol spoel en die grafte groei en groei … Maar mense vra veral die vraag binne die klein kring van hulle bestaan‚ binne die raamwerk van hulle stukkie lydingsgeskiedenis. (17 Apr 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jeremia |
|
Met Jesus in die paradys [Tekslęer] [HTML] |
DIE donkerste uur in die geskiedenis‚ is die kruisiging van ons Here Jesus Christus. God het Hom ontferm oor ’n verloregaande mensdom. Hy stuur sy Seun na die aarde om die boodskap van die barmhartigheid van God te bring en om niks anders as goed te doen nie. Op hierdie daad van God antwoord die mens deur Christus aan die kruis vas te spyker. (10 Apr 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Hoe volg jy vir Jesus? [Tekslęer] [HTML] |
’n Duitse teoloog‚ D. Sölle was tydens ’n personderhoud entoesiasties aan’t vertel van hoe die evangelie ’n mens kan verander en vernuwe‚ toe ’n verslaggewer haar onderbreek met die vraag: “Doktor‚ glo u werklik dat mense kan verander?” Dit is natuurlik ’n wesenlike vraag. Glo ons as Christene dit werklik? Natuurlik‚ die Bybel glo aan verandering. En tog sal baie Christene steeds voel dat veranderinge swaar kom en dat die verslaggewer se vraag ’n legitieme‚ eerlike en realistiese vraag is. (03 Apr 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Markus |
|
Soos `n arend [Tekslęer] [HTML] |
Geloof is nie ’n “sagte opsie” nie. Dit vra moed om aan Christus se kant te staan. Dit verg ook moed om lewenslank agter Hom aan te stap‚ veral as die pad opdraande loop. (20 Mar 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Deuteronomium |
|
Ons behoort aan die Here [Tekslęer] [HTML] |
KOM ons begin vanoggend met ’n jappie uit die Nuwe Testament wat besig is om te onderhandel. Hy is ryk. Italiaanse skoene. Handegemaakte snyerspak. Sy geld is alles belê. Sy plastiek is goud. Hy leef soos wat hy vlieg – eersteklas. Hy is jonk. Hy werk sy moegheid weg in die gimnasium en fnuik die ouderdom op die baan. Sy maag is plat‚ sy oë skerp. Energie is sy handelsmerk‚ en die dood is ’n ewigheid weg. (27 Feb 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Een Korintiërs Dertien [Tekslęer] [HTML] |
ONS het vanoggend oopgeslaan seker by een van die grootste hoofstukke wat nog ooit in ’n boek geskryf is – selfs in dié Boek. Behalwe dat dit nie reg is om dit ’n hoofstuk te noem nie‚ want dit is ’n lied‚ ’n himne; dis nie met ’n pen geskryf nie‚ dis met ’n harp geïmproviseer‚ gekomponeer. Dit het ’n pakkende melodie‚ ’n wysie wat altyd weer in jou kop bly draai – behalwe dat God eintlik wil hê dat jou lewe daar rondom heen moet wentel. (20 Feb 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Korintiërs |
|
Vrou, waarom huil jy? [Tekslęer] [HTML] |
DIE Here Jesus is op ’n Vrydag gekruisig en nog dieselfde Vrydag is sy liggaam haastig en onversorg in ’n graf in die tuin van Josef van Arimatea weggelê. Hy is onversorg weggelê‚ omdat die Joodse sabbat Vrydagaand om sesuur begin en die Jode op die sabbat nie aan ’n lyk mag raak nie. Die bedoeling van die dissipels sou seker wees om die lyk behoorlik te versorg wanneer die sabbat verby sou wees. Die sabbat eindig Saterdagaand sesuur‚ sodat die eerste geleentheid vir die versorging van die lyk‚ Sondag was. (13 Feb 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Wees sterk en vasberade [Tekslęer] [HTML] |
HOE dikwels ervaar mens nie wisselende gewaarwordings nie. Aan die een kant is daar die positiewe: om lus te wees vir die uitdagings wat voorlê. Jy voel soos ’n renperd in die wegspringhok wat net nie kan wag dat die hek oopgaan nie. Aan die ander kant is daar die beklemming oor wat die toekoms gaan inhou. Die aanduidings is daar dat ’n moeilike jaar voorlê: daar is sprake van klimaatsveranderinge; prysstygings kom daagliks voor; afdankings het ’n alledaagse realiteit geword; ekonomies verkeer baie in ’n wurggreep; rentekoerse gaan na verwagting weer styg. Materialisme en gebrek aan geestelike diepte verlam ons. (06 Feb 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Josua |
|
Hoe kom ek deur die digte ruigtes [Tekslęer] [HTML] |
WAS jy al ooit in ’n oerwoud – of sou jy jou dalk kon verbeel dat jy in een is? ’n Digte oerwoud. ’n Donker een. Jou vriende het jou oortuig dit sal die ervaring van ’n leeftyd wees‚ en hier is jy nou. Reisgeld betaal. Oor die waters gereis. Gids gehuur. Deel van die ekspedisie. Jy is waar jy nog nooit vantevore was nie: in die digte‚ vreemde donker wêreld van die oerwoud. (30 Jan 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Petrus |
|
Let wel: God is in beheer! [Tekslęer] [HTML] |
MISKIEN was daar ook oomblikke in jou lewe waar jy die vraag van Psalm 10:1 wou vra: “O‚ Here‚ waarom staan u so ver weg …?” Vandag met al sy onsekerheid waar die mens soek na vastigheid en na rigting en na rus en vrede en sekuriteit‚ vra die mens dit des te meer. En jy soek dit by iemand groter as jyself – jy soek dit by God. (23 Jan 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Hoop vir die nuwe jaar [Tekslęer] [HTML] |
DAAR is tog iets betowerends‚ iets byna misterieus in die wisseling van die jare. Nie dat ’n blote datum ’n mens se lewe handomkeer kan verander nie. Maar dit laat jou dink aan die tyd. Jare wat kom en gaan. Geleenthede wat kom en gaan. Drome wat kom en gaan. (16 Jan 2007) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Eksodus |
|
Kom herwaarts getroues [Tekslęer] [HTML] |
MISKIEN het Jesaja dit nie só bedoel‚ soos ons dit verstaan nie. Miskien was die volk wat in die donkerte geleef het‚ nie ons nie‚ maar Juda. Miskien was hulle donkerte die haglikheid van soldateskoene en bebloede uniforms. Miskien was hulle duisternis om deur vyande oorwin te wees. Tog is hierdie metafoor só relevant en só toepaslik op ons‚ want‚ die Here weet‚ ons weet wat dit is om in die duisternis te wandel. (05 Dec 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Die koninkryk van God Edms. Bpk. [Tekslęer] [HTML] |
’N KLEIN seuntjie het eenkeer vir sy pa gevra: “Wat doen Jesus die hele dag?” Sy pa wou weet hoekom hy dit vra. Hy antwoord toe dat ’n groot seun by die skool hom geboelie het. Hy het toe vir Jesus gebid om te help en daar het niks gebeur nie. Nou wonder hy maar net of Jesus dalk met iets anders besig was dat Hy hom nie gehelp het nie. (28 Nov 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Genade is `n engel voor jou uit [Tekslęer] [HTML] |
Die God van gister is ’n wonderlike God. Hy het gesorg. Hy het wonders gedoen. Oor Hom kan hulle ’n loflied sing. Maar môre is nou weer ’n ander saak. Die reispad is vreemd en dit lyk nogal of daar baie ontberinge kan voorlę. Die woestynpad is op sy beste nie ’n rooskleurige vooruitsig nie. Hulle is bang. Dis goed en wel om oor die God van gister te praat‚ maar wat nou van môre? En God verstaan. Hy ken mense se bang hart. Hy wil graag help. Daarom bied Hy vir sy volk die belofte van ’n engel aan. Hy sal sy engel voor hulle uitstuur … (07 Nov 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Eksodus |
|
Die buitengewone in die gewone [Tekslęer] [HTML] |
“’n Triomf van ongeluk en kundige waarneming.” Dit is hoe een van die opwindendste ontdekkings in die veld van mikrobiologie beskryf is. Elke skoolkind ken die storie. Dit was terwyl hy navorsing oor griep gedoen het dat Alexander Fleming op ’n mikroskoopplaatjie ’n skimmel gesien met ’n sirkel daarom heen wat vry van bakterieë was. Hy het dit as ’n vloeibare skimmelkultuur gekweek en dit die naam penicillium motatum gegee en bewys dat dit die vermoë besit om bakterieë te beperk. (10 Oct 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Ware nederigheid [Tekslęer] [HTML] |
Luther het baie aangrypende dinge oor hierdie briefie van Paulus aan die Filippense gesę. So het hy hierdie brief aan die Filippense beskou as “’n brief vir Christene en vir niemand anders nie!” Juis omdat hy veel gemaak het van die gesindheid van Christus‚ het hy moeite gedoen om te onderstreep dat die gesindheid eers eg is as dit oorgaan in dade. Só was dit by Christus en so moet dit by sy navolgers wees‚ anders bly dit nutteloos. “Die liefde lę nie in woorde nie‚ maar dit moet uitbreek …” (03 Oct 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Filippense |
|
Praktiese liefde [Tekslęer] [HTML] |
Ons almal het waarskynlik al die ervaring gehad van ’n ongelukkige onderonsie met iemand anders. ’n Meningsverskil met iemand anders het ontaard in ’n lelike ding waarin die een woord op die ander gesę is. Dit is ook so dat so iets ’n gevoel van onbehaaglikheid by ’n mens laat. Jy voel nie lekker oor wat jy gesę het nie en dit alles laat ’n mens met so ’n aaklige klip-in-die-maag-gevoel. (26 Sep 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Spreuke |
|
n Portret van hoop [Tekslęer] [HTML] |
Verstaan jy die volle betekenis daarvan dat Christus in jou is? Of is jou God in die hemel‚ iewers daar ver? Dit lyk my nogal of mense se ervaring van God baie afhang van hulle omstandighede. God is vir hulle naby as hulle geloof voelbaar ervaar. Soos byvoorbeeld wanneer hulle ’n groot saamtrek bywoon en deur die sang en atmosfeer aangegryp word. Dan sę hulle: “’n Mens kon sommer ‘voel’ die Here was daar.” Maar as dinge skeef loop of hulle is sommer in die gewone sleurgang van die lewe besig‚ dan “voel” God ver. Op ’n Maandagmôre as die wasmasjien breek of die kinders hulle skoolboeke by die huis vergeet of jy op pad kantoor toe ontdek dat die verslag by die huis lę. (19 Sep 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Vrye toegang [Tekslęer] [HTML] |
As ’n mens ontdek dat God liefde is‚ dat sy troon een van genade is‚ dan word dit wonderbaar om na Hom te vlug‚ by Hom te skuil‚ want dan weet jy: dis een plek waar daar geen hardheid is nie‚ geen verwyte nie‚ geen veroordeling nie. Al is daar op aarde so min genade – is die eerste ding wat die Hebreërboek vir ons wil sę: by God is daar genade. (12 Sep 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Hebreërs |
|
Is jy n toeskouer of n akteur [Tekslęer] [HTML] |
Jy het ’n toekomsvisie‚ ’n ideaal‚ ’n doelwit nodig om te kan lewe. Die sielkundige‚ Victor Frankel‚ het ’n Duitse konsentrasie-kamp in die tweede węreldoorlog oorleef. In sy bekende boek‚ Man’s Search for Meaning‚ skryf hy dat mense wat ’n toekomsvisie verloor het‚ maklik gesterf het. Wat hom aan die lewe gehou het‚ wat sy meganismes vir oorlewing geaktiveer het‚ was die drang om ’n manuskrip waaraan hy gewerk het‚ as ’n boek te publiseer. Dit het sin en dryf aan sy lewe gegee. Die toeskouers het dit nie gemaak nie‚ die akteurs wel. (05 Sep 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Filippense |
|
Geloof is nie geborgenheid nie [Tekslęer] [HTML] |
As geloof geborgenheid in angs en eensaamheid en ouderdom en dood is‚ beteken dit dat geloof nie die werklikhede van die lewe onwerklik maak nie. Indien dit so sou wees‚ sou geloof nie van verdowing onderskei kon word nie. Geloof maak die lewe nie minder werklik nie‚ maar identifiseer die oorklimplekke van die lewe en verskaf geborgenheid vir die oorklimproses – geborgenheid‚ nie sekerheid nie. Geborgenheid beteken nie dat jy elke keer presies en dadelik gaan weet wat om te doen nie. Geborgenheid is nie ’n towerstaffie wat jou van jou eie verantwoordelikheid om besluite te neem‚ onthef nie. Geborgenheid is ’n ruimte waarbinne jy jou besluite kan neem. Jy kan nog altyd foute maak‚ want jy is ’n mens. (30 Aug 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Job |
|
Empatie [Tekslęer] [HTML] |
Van Betesda kan ons moeilik ’n voorstelling maak wat te donker is. Dit was ’n primitiewe soort badplaas vir die siekes. Alles wat die Ooste aan Afskuwelike siektes opgelewer het‚ kon ’n mens by Betesda vind. Al die afstootlike ellende van die groot stad het by hierdie riool opgehoop. Soos op ’n mishoop het hulle daar gelę om hulle te bekommer en stadig te verrot: “… ’n groot menigte siekes …‚ blindes en kreupeles en lammes.” Dit was die ellendiges se laaste stasie. As daar niks meer aan te doen was nie‚ is gesę: “Hy moet Betesda toe gaan” [Ironies: Betesda beteken “huis van barmhartigheid”]. (29 Aug 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Die heerlikheid van die Here in die woestyn [Tekslęer] [HTML] |
Die partytjie was verby. Na die tien verskriklike plae in Egipte‚ na die wonder by die Rooisee en na die mense se finale wegkom van die Egiptenare‚ het die werklikheid skielik begin. Die perde en hulle ruiters is in die see gegooi‚ maar wat nou? Mirjam se pragtige lied en dans was pret‚ maar die naklank van haar tamboeryn het weggesterf‚ die eggo van die veraf berge het verdoof en die klanke het in die wasigheid van die hitte verdwyn. (01 Aug 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Eksodus |
|
Lyding is n leerskool [Tekslęer] [HTML] |
Lyding is ’n manier om ons in die geloof in te oefen. Maar in die gimnasium van lyding beproef God ons nooit tot breekpunt nie. Slegs tot groeipunt. (18 Jul 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Korintiërs |
|
Nederigheid [Tekslęer] [HTML] |
Elke tyd het sy eie idee van wat heerlik is. Ons tyd se idee daarvan word gedra deur die drie afgode van die Westerse węreld wat Richard Forster aandui: geld‚ seks en mag. Daarom is die heerlike mense van ons tyd die ryk mense‚ die mense met prestige‚ die ouens wat dinge doen en wat dinge laat gebeur. En natuurlik ook die mense wat ’n onbeskaamde seksuele krag uitstraal: die mooi mense. Aan die een kant idealiseer ons die heel mens‚ die mooi mens‚ die sensuele mens. Maar iets in ons word ook getrek deur die mens wat soos lord Byron is: “Mad‚ bad and dangerous to know.” (11 Jul 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Korintiërs |
|
n Brief vir Christus [Tekslęer] [HTML] |
Hoe wonderlik sou dit nie wees indien die opgestane Here Jesus Christus nou ęrens op aarde sou leef nie! Dan kan Hy daar gespreek word en sou veel meer mense tot ’n opregte geloofsoortuiging kon kom. Sy mening sou deur die nuusmedia gedra word tot in elke huishouding. Dit is mos die wonder van die televisie … węreldleiers se gesigte‚ gesigsuitdrukkings‚ houdings en woorde word węreldwyd gebeeldsend. (27 Jun 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Korintiërs |
|
Ons nuwe skool [Tekslęer] [HTML] |
Om ’n kind van God te wees‚ is om ’n geredde mens te wees‚ ’n mens wat magtige dinge kan doen‚ ’n mens wat – volgens Johannes 14:12 – selfs groter dade as Jesus kan doen. Maar om dit te kan doen moet jy eers soos enige kind wat voorberei vir die lewe‚ “skoolgaan.” Petrus sou sę ons moet leer om in Jesus se voetspore te trap. (06 Jun 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Petrus |
|
Jesus - ons Middel-C [Tekslęer] [HTML] |
In die laaste hoofstuk van die brief aan die Hebreërs‚ bring die skrywer alles wat hy gesę het‚ bymekaar. Omtrent in die middel van die hoofstuk skryf hy: “Jesus Christus is dieselfde gister‚ vandag en altyd” (Hebreërs 13:8). Mens kan sę dat hy die volgende bedoel: “Jesus is ons middel-C en sal dit altyd bly – ons lewens word volgens Hom ingestem.” (30 May 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Is selfmoord sonde? [Tekslęer] [HTML] |
Kan ’n persoon wat selfmoord pleeg gered word? Selfmoord is immers ’n daad van ongeloof‚ ’n mosie van wantroue in God ... (10 May 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Troos - Fantasie of werklikheid? [Tekslęer] [HTML] |
Partykeer gaan dinge rondom ons nie soos ons dit graag wil hę nie. Geweld‚ swaarkry‚ armoede‚ en noem maar op‚ gooi hulle donker skaduwees deesdae al hoe langer oor baie van ons. Maar tog nooi God ons uit om selfs in hierdie omstandighede dapper in Hom te bly glo. Hy kan regtig ingryp wanneer dinge op hulle slegste lyk. Hy kan op ’n dag sorg dat ’n pistool nie afgetrek word nie en dat ’n mens selfs jou lewe bly behou. Want ons as Christene is “onsterflik” totdat God self die groenlig gee dat ons huis toe gaan! (09 May 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Wat is liefde? [Tekslęer] [HTML] |
Wat is liefde ... (04 May 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
God se visie vir jou [Tekslęer] [HTML] |
Christenwees is ’n dinamiese ervaring. Daar is altyd verandering‚ altyd groei – altans so behoort dit te wees. Christenwees is ’n avontuur op pad na Jesusgelykvormigheid! Hierdie pad begin wanneer God sy uitverkorenes roep wat Hy bestem het om aan die beeld van sy Seun gelykvormig te wees (Rom. 8:29‚ 30)‚ en dit bereik sy einddoel met die wederkoms van Jesus Christus wanneer ons nederige liggame verander sal word om soos sy verheerlikte liggaam te wees (Fil. 3:21) en ons soos Hy sal wees. (03 May 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Efesiërs |
|
Die strandlopertjie [Tekslęer] [HTML] |
Die skrywer is Robert Peterson. Hy skryf:
Sy was maar `n skamele 6 jaar oud toe ek haar vir
die eerste keer ontmoet het. Ek ry gewoonlik die 4 kilometer af strand toe elke keer as ek voel dat die wêreld vir my te klein begin word. Sy was besig om `n sandkasteel of iets te bou, en toe sy opkyk, kyk ek in die pragtigste blou ogies, so blou soos die see. (25 Apr 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Kies die lewe [Tekslęer] [HTML] |
Hoekom moet ons die lewe kies. Omdat baie mense die vermoë verloor het om sinvol te lewe – om hulle te oefen om in gemeenskap met Christus te lewe. Hulle voer van dag tot dag ’n sleur bestaan. Daar is geen opwindende toekomsverwagting meer nie – die hoop en die vreugde om te strewe na ’n geestelike bestaan het gesterwe. (25 Apr 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Deuteronomium |
|
Lojaliteit is so belangrik [Tekslęer] [HTML] |
Wie in die geloof aan Christus verbonde is‚ is ’n lojale mens. Is daarom lojaal in ál sy verhoudings. Want kyk – die verhouding tot God vloei deur in die verhouding tot die medemens. Lojaliteit teenoor God blyk ook uit lojaliteit teenoor my medemens. (19 Apr 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Markus |
|
Van wanhoop tot hoop [Tekslęer] [HTML] |
In Psalm 69 word Dawid se wanhoop en die redes daarvoor beskrywe. Hy vergelyk sy wanhoop met dié van iemand wat deur ’n sterk vloeiende stroom water meegesleur word. (12 Apr 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Bystand in ons swakhede [Tekslęer] [HTML] |
Vanweë die sondeval is alles en almal hier op aarde maar aan verganklikheid onderworpe. Paulus sę trouens in Romeine 8:18-23 dat nie alleen net die skepping nie‚ maar selfs ook ons as gelowiges dikwels sug en hard na God om bevryding uit al hierdie lyding roep. Christene word dus nie die swaarkry en ontberings hier op aarde gespaar nie. Nęrens sę die Bybel dat God ’n uitgebreide versekeringspakket met byvoordele soos roem‚ veiligheid‚ groot inkomstes‚ geluk en dies meer vir sy kinders waarborg nie. Die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons lewens verander ons ook nie in superwesens wat die heeltyd so ’n paar sentimeter bo die aarde met al sy probleme been sweef nie. (04 Apr 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Romeine |
|
Die biskop se vrou [Tekslęer] [HTML] |
Sommer iets oor wysheid (29 Mar 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Dis nooit te laat nie [Tekslęer] [HTML] |
Drie uur voor sy dood word dit pikdonker‚ en dit bly so totdat Christus sy laaste asem uitblaas. Van middel-dag maak God dit middernag. Daardie dag‚ sę die Here my God‚ laat Ek die son helder oordag ondergaan‚ maak Ek dit donker op aarde terwyl dit nog ligdag is … (Amos 8:9). En die direk daaropvolgende vers‚ vers 10‚ maak dit nog des te meer aangrypend: “Ek laat dit word soos wanneer ’n mens oor ’n enigste kind treur …” (28 Mar 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Kyk op en hou op rond kyk [Tekslęer] [HTML] |
Ons mense‚ lyk dit my‚ bekommer ons gedurigdeur. Eers is dit – natuurlik! – oor ons geldsake‚ want g’n mens het ooit genoeg nie en hoe meer geld jy het‚ hoe meer bekommer jy jou dat jy dit dalk kan verloor. Ons bekommer ons so oor geld dat ons maagsere bloei en ons harte kramp. Dan begin ons ons bekommer oor ons gesondheid. En oor doodgaan. Ons beland in die hospitaal en begin wonder of alles ooit die moeite werd is. Die lewe‚ so loop ons gedagtes‚ moet tog meer wees as ’n “rat race” na geld. (22 Mar 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Timoteus |
|
Hoe bou n gelowige sy geloof op [Tekslęer] [HTML] |
Omdat geloof die hand is wat die goeie uit die hand van die Vader in ontvangs neem‚ is dit van belang om jou geloofsverhouding met die Here op te bou. In Judas vers 20 lees ons: “Julle … moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof.” (08 Mar 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Formules [Tekslęer] [HTML] |
As die woestynreisiger nie water kry nie‚ sal hy verseker doodgaan. Hy sal doodgaan al is hy ’n wetenskaplike wat weet dat die chemiese formule vir water H2O is‚ en al het hy talle kere in sy laboratorium met water geëksperimenteer. Hy is tot die dood toe dors‚ en wat hy nodig het‚ is egte‚ lewende water. ’n Formule of kennis van ’n formule sal hom nie red nie. (28 Feb 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Speel gieterman in jou huwelik [Tekslęer] [HTML] |
Daar is baie en gekompliseerde redes vir al die huweliksongeluk wat bestaan. Een van die hoofredes is baie keer die volgende: deur die jare het die man en vrou nie genoeg tyd aan mekaar afgestaan nie. Hulle het mekaar iewers langs die pad verloor al woon hulle saam in een huis en al slaap hulle selfs saam in een kamer. Dit kan so maklik met elkeen van ons gebeur. (27 Feb 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Bewaar ons van die Bose [Tekslęer] [HTML] |
Kan jy jou voorstel hoe eenvoudig Satan moet voel. Want elke keer as hy probeer om ’n punt aan te teken vir boosheid‚ eindig hy deur een aan te teken vir die goeie. Wanneer hy planne beraam om die koninkryk te dwarsboom‚ bevorder hy dit. Kom ek noem vir jou ’n paar voorbeelde uit die Bybel. (21 Feb 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Kronieke |
|
Sola Gratia [Tekslęer] [HTML] |
Die evangelie vandag is dit: Christus het vir ons sondes gesterf‚ Hy is begrawe en het op die derde dag uit die dood opgestaan. Wat menslik onmoontlik was‚ het moontlik geword – Christus lewe. As jy dit glo‚ dan kan jy saam met Paulus sę: God se genade is genoeg. Dan kan jy roem: deur die genade van God is ek wat ek is. Dan kan ek en jy begin om genade te doen. (07 Feb 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Korintiërs |
|
Loop saam! [Tekslęer] [HTML] |
Die profeet Amos vra: “Sal twee saamloop as hulle dit nie afgespreek het nie?” Hy bedoel daarmee dat mense wel met mekaar oor die weg kan kom as hulle graag wil. (01 Feb 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Amos |
|
Word n kruik wat deur God gebruik kan word [Tekslęer] [HTML] |
Die apostel Petrus rig sy brief aan Joodse Christene wat oor die węreld van daardie tyd versprei was. Hulle was ter wille van hulle geloof hewig vervolg. Petrus herinner sy lesers daaraan dat God hulle die gawe van die weergeboorte gegee het. Daarom moet hulle nie verbaas wees as hulle moet ly nie – hulle moet dit eintlik verwag. Hulle moet hulleself daarop voorberei en op die regte manier daarop reageer. Hy spoor hulle ook aan om Christus na te volg deur ’n gees van nederigheid teenoor mekaar uit te leef. As hulle volhard‚ sal die Here hulle – wanneer die tyd van aardse beproewing verby is – met hemelse heerlikheid beloon. (31 Jan 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Petrus |
|
Vuurwerke van God se genade [Tekslęer] [HTML] |
Die verhaal word vertel van ’n Indiërdogtertjie wat ernstig siek was in ’n hospitaal in Kalkutta. Een middag het sy lank doodstil gelę. Die verpleegster het later bekommerd kom seker maak of sy nog leef. Toe die verpleegster haar saggies aanraak en vra of sy slaap‚ maak die dogtertjie haar oë oop en antwoord: “Nee‚ ek bid.” (17 Jan 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Duiwemis [Tekslęer] [HTML] |
Duiwemis is volgens navorsers beslis nie die uitwerpsel van ’n voël nie‚ maar wel ’n plant in Palestina. Vroeë navorsers het hierdie klein wit blommetjies wat volop voorkom‚ vergelyk met die duiwemis wat op rotse en op ander oop plekke gelę het. (13 Jan 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Net een evangelie - hoekom dan vier Evangelies? [Tekslęer] [HTML] |
Paulus beklemtoon dit met die groots moontlike nadruk: daar is maar net een evangelie (Galasiërs 1:6-8). Tog word die een evangelie deur vier Evangeliste in die Bybel berig. Hoekom? (11 Jan 2006) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Die geloof van Jairus [Tekslęer] [HTML] |
Tydens sy omwandeling op aarde het Jesus behalwe Lasarus en die seun van die weduwee van Nain ook nog die dogtertjie van Jaïrus uit die dood opgewek. Wat ’n troos vir ons om te weet dat die Here in die grootste nood help. Hy kom met sy genade na ons langs baie verskillende weë. (23 Nov 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Markus |
|
Wat sê Advent? [Tekslęer] [HTML] |
“Waar is die koning van die Jode?” is ’n deurlopende vraag in Matteus. Dit begin by die vraag van die wyse manne: Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? (2:2). Die antwoord kom na ’n groot gesukkel: in Betlehem‚ een van die “geringstes” onder die stede … (2:6). Blykbaar is Hy die Koning incognito‚ die Koning wat van geboorte tot dood wegkruip. (16 Nov 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
God is God en nie `n standbeeld nie [Tekslęer] [HTML] |
God is nie ons speelmaat nie.
God is nie ’n manipuleerbare marionet nie.
God is nie ’n afgod nie.
God is … God. (08 Nov 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Samuel |
|
Littekens [Tekslęer] [HTML] |
’n Seuntjie se ma het sulke lelike hande gehad met aaklige letsels. Eendag vra hy haar: “Ma‚ hoekom het ma sulke lelike hande?” Sy vertel hom toe dat die huis aan die brand geraak het toe hy nog ’n babatjie was. Hy was in die babakamer vasgekeer. Sy het goed wat brand met haar kaal hande eenkant toe gegooi en hom gered. Die kind het sy ma se hande in sy hande geneem‚ haar in die oë gekyk en gesę: “Mamma het die mooiste hande!” (24 Oct 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Johannes |
|
Ek wens ons was ... [Tekslęer] [HTML] |
Die evangelie laat ons sien – sę Martin Luther – hoe anders God is en doen in vergelyking met hoe ons is en doen‚ maar ook hoe anders ons is en doen vergeleke met Gód! Wat vir óns waardevol en begeerlik is‚ wat ons lewe vul is dalk baie anders as wat dié wonderbare God ook aan ons wil skenk!
En ons moenie onsself bluf nie‚ sę Luther. Daar is baie mense in sy gemeente wat heimlik by hulleself dink‚ wanneer hulle bv. die Kersverhaal hoor: Ek wens ek was tog ook daar! Hoe graag sou ek nie die Baba wou help nie! Wat sou ek nie gee om Hom te versorg nie! Hoe graag sou ek nie saam met die herders wou gaan om Hom te sien nie! Hoe sou ek tog die kans aangryp om Hom te dien! (18 Oct 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Markus |
|
Hoe lyk jou lewensbril? [Tekslęer] [HTML] |
Die lewe is breekbaar. ’n Damp‚ noem Jakobus dit (vgl. Jak. 4:14). ’n Skim wat ’n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn; ’n vlietende sekonde in die lig van die ewigheid; ’n sandkorreltjie ęrens op die kosmiese sandvlakte. Die een oomblik is ons nog hier‚ bruisend van lewenslus. Vitaal. Dinamies. Die volgende oomblik is ons weg‚ getref deur die verganklikheid – fataal. Dit kos net ’n enkele telefoonoproep‚ ’n doodsberig ’n besoek aan die geneesheer‚ ’n motorongeluk‚ en ons lewe stort soos ’n kaartehuis ineen. Ons ervaring gee die digter gelyk – (04 Oct 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Hebreërs |
|
In die liefdesfeer van God [Tekslęer] [HTML] |
Wat beteken dit dat Christus aan die regterhand van God sit? “Regterhand van God” is gelyk aan die hoogste eer. Jesus is bo alle magte! Christus staan aan die roer. Op hierdie oomblik. ’n Blaar het so pas uit ’n boom in die Alpe geval. ’n Nuwe baba het so pas sy eerste asem in Indië ingeasem. Jesus het die asem gemeet. Die migrasie van witdolfyne deur die oseane? Christus bepaal hulle roetes.
Hy is … (27 Sep 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Romeine |
|
Seven Principles of an Eagle [Tekslęer] [HTML] |
Sewe dinge wat ons by die arend kan leer (16 Sep 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Die Bybel in ons lewe [Tekslęer] [HTML] |
In hierdie Psalm hoor ons die digter in verwondering oor die skepping‚ ja‚ verrukking oor die lewe ervaar; iets wat by baie van ons feitlik geheel en al ontbreek. Trouens‚ verwondering het tot ’n groot mate uit die begripsisteem en gesigskring van die gemiddelde mens verdwyn. In die praktyk van ons lewe kom daar in elk geval weinig daarvan tereg … (13 Sep 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
God sorg vir ons [Tekslęer] [HTML] |
Luister na hierdie trooslied van die Here en gaan leef in vreugde. (03 Aug 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Gebruik dit of verloor dit [Tekslęer] [HTML] |
Jy sien‚ uitkomsgebaseerde programme is vandag die in-woord. Alle sektore van die samelewing baseer hulle doelstellings op uitkoms. Dink maar aan die uitkomsgebaseerde onderwyssillabusse. Ons moet die resultate kan meet; ons moet kan sien waarheen ons beweeg‚ wat die doel is‚ hoe dit gaan lyk as dit klaar is. En hoe gaan dit oor tien jaar lyk? Hoe kan dit getoets word? Deur eksamens wat afgelę word.
Geloof in God is egter nie uitkomsgebaseer in hierdie sin nie. Nie in aanwysbare‚ meetbare resultate nie. Hoekom nie? Omdat die uitkomsgebaseerdheid van geloof te doen het met ’n innige verhouding met God. Iemand het eendag gesę dat toe Petrus in die voorhof in die nag van Jesus se verhoor gesę het: “Ek ken Hom nie‚” hy dalk nie gelieg het nie‚ maar wel die waarheid gepraat het. Hy het nog nie vir Jesus geken nie – nie vir wie Hy was en wat Hy vir ons van God wou leer nie. Ons ken nie die krag van God nie‚ omdat ons nie die moeite doen om God te ken nie. Ons ken nie die Heilige Gees nie‚ omdat ons nie daarop ingestel is om die Gees van God te leer ken soos ons Hom in die Skrif kán leer ken nie.
Dit beteken natuurlik dat ons aan ons verhouding met God moet werk. Dit kom nie sommer van self nie. Miskien is dit juis een van ons mense se leemtes vandag: dat ons God nie regtig ken nie. (26 Jul 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Sorg dat jy reg kyk [Tekslęer] [HTML] |
In my besig-wees met hierdie teks het ek die volgende gelees en wil dit graag met julle deel.
William Rathje hou van vullis. Hierdie navorser wat aan die Universiteit van Harvard studeer het‚ is oortuig daarvan dat ons baie kan leer uit die vullishope van die węreld. Argeoloë het nog altyd rommel ondersoek om meer te leer van die samelewing. Rathje doen dit ook; hy wag net nie so lank nie. Die “Garbage Project”‚ soos hy sy organisasie noem‚ reis dwarsoor Amerika‚ grawe vullisgate op en dokumenteer ons eetgewoontes‚ die style van ons kleredrag en ekonomiese vlakke. Rathje slaag daarin om betekenis te vind in ons rommel. (19 Jul 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Wat is jy werd vir die koninkryk? [Tekslęer] [HTML] |
Miskien voel dit vir jou‚ as jy Jesus se storie oor die goue munte deurlees‚ dat hierdie heer darem alte streng teenoor sy werkgewers optree. Maar stel jou nou net vir ’n oomblik voor dat jy op ’n dag na jou plaaslike bankbestuurder toe gaan. In jou sak het jy die totale bedrag wat jy in ’n 100 jaar sou verdien. Nogal ’n yslike groot klomp geld‚ nę. En jy vra hom baie mooi om tog mooi om te sien na die geld‚ dit wys te hanteer‚ want een of ander tyd gaan jy dit weer nodig kry. Jy weet nog nie wanneer jy weer sal terugkom nie‚ maar jy sal dit beslis weer kom opeis. Intussen verloop daar ’n baie lang tyd. Sę maar so tien jaar. Nou is jy een mooi dag weer terug by daardie bank‚ in daardie selfde bankbestuurder se kantoor‚ om jou belegging op te eis. (13 Jul 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Is iets te buitengewoon vir die Here? [Tekslęer] [HTML] |
Geloof gaan verder as dit wat vir die mens moontlik lyk. Geloof stap verby die grens van die moontlike en begelei jou in die land van die absurde‚ dié onmoontlike‚ die belaglike. (05 Jul 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Genesis |
|
Sand and Stone [Tekslęer] [HTML] |
Learn to write your hurts in the sand and to carve your blessings in stone. (30 Jun 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Die eerste dag van die res van jou lewe! [Tekslęer] [HTML] |
Twee dissipels was laat een middag op pad van Jerusalem na Emmaus‚ ’n klein dorpie. Dit was ’n tyd van groot ontsteltenis‚ ’n tyd van groot moedeloosheid. Dit was ’n sonsondergangpad‚ nie net omdat dit laat daardie dag was en die feit dat hulle letterlik in die rigting van sonsondergang geloop het nie‚ maar emosioneel‚ fisies en selfs geestelik was dit ’n sonsondergangpad. Die helder sonskyn het uit hulle harte en gemoed verdwyn en hulle was in ’n diepe geestelike en emosionele duisternis. Daardie sonsondergangpad het in sonop verander toe Jesus die lig van sy persoon‚ sy vreugde‚ sy genade en krag oor hulle en hulle pad laat skyn het. Hulle ontsteltenis oor Christus se dood sou in vreugde verander. (28 Jun 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Lukas |
|
Jesus se wederkoms moet altyd op ons sakelys bly [Tekslęer] [HTML] |
Jesus sę‚ Kyk Ek kom gou! (21 Jun 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Openbaring |
|
God = LEWE [Tekslęer] [HTML] |
Wanneer niks meer sin maak nie‚ is die lewe nog die moeite werd! Daarmee bedoel ek dat as niks meer enige betekenis het nie‚ as niks meer logies inmekaar wil pas nie‚
as alle hoop vervaag het‚
as jy saam met die Prediker wil sę: “Alles tevergeefs‚ dit is alles tevergeefs‚”
as jy saam met Elia wil kla: “Dit is nou genoeg‚ Here‚”
ja‚ as niks meer sin maak nie –
is die lewe nog die moeite werd!
Glo jy dit? (14 Jun 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Openbaring |
|
God verskyn om werk uit te deel [Tekslęer] [HTML] |
Daar is seker baie van ons wat so graag sou wou hę dat die Here aan ons moet verskyn. Sou dit nie wonderlik wees as die Here aan ons kon verskyn nie? Sou dit nie fantasties wees om vir ander te kan sę: die Here het aan my verskyn nie? Nou wonder ek soms of die Here nie al baie keer aan ons verskyn het en ons dit net nooit besef het nie. (07 Jun 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Eksodus |
|
Hoe om `n passie vir God se teenwoordigheid te behou [Tekslęer] [HTML] |
As jy vir God lief is en graag by Hom wil wees bloot omdat Hy is‚ sal die blydskap van die Here in jou opspring soos ’n fontein met suiwer water. Dit gebeur elke keer as jy Hom prys. Dit word oombliklik gevoel in sy teenwoordigheid. Hierdie blydskap kom uit ’n bron wat nooit opdroog nie en word jou krag (Johannes 4:14). Dit maak nie saak wat anders gebeur nie‚ dis daardie onderliggende gevoel dat alles uiteindelik reg gaan wees. (31 May 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Ons Vader wat in die hemel is, weet! [Tekslęer] [HTML] |
Ons Vader weet wat sy kinders nodig het nog voordat ons dit van Hom vra. Hy weet wat ons behoeftes is. Hy sien ons nood raak. Hy ken ons lyding. Hy verstaan ons. Sy alwetenheid gaan ons behoeftes en gebedslysies vooraf. (24 May 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 2 Kronieke |
|
Minus `n Oog, `n Hand, `n Voet [Tekslęer] [HTML] |
Mense is bereid om snaakse dinge op te offer vir kort termyn materiële gewin vir roem en eer. (10 May 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Markus |
|
Hoop vir Gedaandal [Tekslęer] [HTML] |
Draai noord by die Stresrivier ry n paar myl oos na Kommerville hou regs waar die pad verdeel by die Vallei van Radeloosheid en jy sal kort voor lank die moeë strate van Gedaandal binnery. (19 Apr 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Jesaja |
|
Die regter met die drukkies. [Tekslęer] [HTML] |
Lee Shapiro is n afgetrede regter. Hy is ook een van die mees liefdevolle mense wat ons ken. In n stadium in sy loopbaan het Lee besef dat liefde die sterkste van alle magte is. Weens dié besef het hy n drukker geword. Hy het almal n drukkie aangebied. Sy kollegas het hom die hugging judge begin noem (pleks van die meer gewone hanging judge waarskynlik). Die bufferplakker op sy motor lui: Dont bug me! Hug me! (18 Apr 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Paulus se haarsny [Tekslęer] [HTML] |
Paulus het egter nie n gewone haarsny gehad nie. Saam met die haarsny het hy n belofte afgelę.
Paulus se haarsny en belofte was só n manier om hom vir die moeilike tye voor te berei. Hy het n kontrak met God gesluit. Hy het sy lewe in God se hand geplaas. As hy in n spieël kyk na sy kaal geskeerde kop het dit vir hom iets gesę: sy lewe is in die hande van God. Soos wat die hare vanself groei só voorsien God elke dag wat hy nodig het. (12 Apr 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Handelinge |
|
Wat het van ons vriendelikheid geword? [Tekslęer] [HTML] |
Die teenoorgestelde van magsbelustheid in hierdie węreld waarin ons leef is vriendelikheid. Vriendelikheid as vrug van die Gees. Dit beteken dat ons moet leer om nooit n mens of mense af te skryf of op te gee as hopeloos nie.
Kom ons gaan kyk vir n oomblik na Romeine 2:4.
God is ryk in goedheid verdraagsaamheid en geduld! Sę dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie? Paulus skryf hier aan vrome en trotse Jode-lesers wat gedink het hulle is beter as ander mense en dat hulle God se goedheid verdién. Hy sę dat hulle hul misgis! Ook húlle is naamlik onder God se oordele nes alle ander mense. Die enigste rede waarom God nie in toorn oor hulle oordeel nie sę Paulus is dat sy goedheid sy goedertierenheid sy geduldige vriendelikheid hulle tot bekering wil lei. (05 Apr 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: 1 Korintiërs |
|
Sing in die skemer [Tekslęer] [HTML] |
Die nagtegaal is nie n baie bekende voël in Suid-Afrika nie omdat net een van die nagtegaal-spesies (die lyster-nagtegaal) in die mees noordelike dele van die land voorkom.
Die nagtegaal is n vaal en onindrukwekkende voëltjie wat selde gesien word omdat hy lief is om in die ineengestrengelde kreupelhout weg te kruip. Maar die nagtegaal is węreldwyd bekend vir sy welluidende stem en pragtige sang. Die interessante is egter dat hulle net in die aand en in die voornag sing. Dit wil sę hulle sing net as dit donker is. En nou maak mense wat hulle vang en in n koutjie aanhou van die voëls se gewoonte om in die nag te sing gebruik. Hulle sit die koutjies in n donker vertrek. En dit verwar die nagtegaal so dat hy dan sommer enige tyd sing want: Hy sing in die donker! Hy sing in die nag. (08 Mar 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Fluite [Tekslęer] [HTML] |
Daar is iets aan die kraak-rou klanke van n rietfluit wat fassineer. Wie sal die vormende invloed van sy dralende wysies op die ontwikkeling van die mens se drif en rede ooit kan peil?
Miskien is dit die rede waarom Jesus na die riet en fluit verwys toe Hy sy uitverkorenes in Matteus 11:17 wou nader roep: Ons het vir julle op die fluit gespeel en julle het nie gedans nie! Ons het n treurlied gesing en julle het nie gehuil nie.
Dit was asof Hy deur hierdie assosiasie die mens se diepste wese wou roer en beweeg om gunstig op sy liefdesbetoning te reageer. Asof Hy dieper magte van die menslike gees wou gebruik om sy uitverkorenes te oorreed om op golflengte van hemelse musiek te dans en so die ewige lewe te ontdek. (01 Mar 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|
Hoe lank nog, Here? [Tekslęer] [HTML] |
Die Psalm begin as Klaaglied. Die skrywer het dit nie maklik gehad nie. Nie minder as vier keer nie vra hy: hoe lank nog Here? Hiermee word die intensiteit van sy nood en belewenis van sy haglike situasie uitgedruk. As ons eers na die fisiese situasie kyk dan vra hy hoe lank die vyand nog oor hom sal heers (vers 3). Hieruit kan ons aflei dat dit nie goed gegaan het nie. Hy het onder die heerskappy van sy vyand gestaan. En dit was in daardie tyd nie n aangename ervaring nie. Die vyand het oor die algemeen nie besonder genadig opgetree teenoor hulle onderdane
nie. Inteendeel die wat onderwerp is is uitgebuit en onderdruk. Die vyande was dikwels wrede meesters wat met krag en geweld hulle magsposisie behou het. Dit was nou al n geruime tyd dat die vyand die oorhand gekry het. Die digter wil van die Here weet hoe lank die situasie nog sal aanhou. Hy kon dit nie meer baie langer verduur het nie. Soos die tyd verloop het so het die hand van die vyand al swaarder geword en sy lyding al dieper. Hoe lank sal dié situasie nog voortduur. (22 Feb 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
Here, maak my `n `houspyp` [Tekslęer] [HTML] |
n Gebed. (21 Feb 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Gee dit liewer vir my [Tekslęer] [HTML] |
Een van die briljantste filosowe van die 18de eeu was die Duitser Moses Mendelssohn. Hy was n Jood maar sy leerstellinge is hoog aangeslaan deur sowel Joodse as Christengeleerdes.
Hoewel Moses self ortodoks geleef het het sommige van sy kinders die Christelike geloof aangeneem. Sy kleinseun die komponis Felix Mendelssohn het byvoorbeeld in n Christen-huis grootgeword.
Van oupa Moses Mendelssohn word n mooi verhaal vertel. Hy was geseën met n geniale brein n sensitiewe hart en n wonderlike vermoë om luisteraars te boei. Ongelukkig was sy uiterlike nie so mooi soos sy innerlike nie. Moses Mendelssohn was kort en onaansienlik met n boggelrug. (08 Feb 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Geen spesifieke bybelboek |
|
Hy lei my [Tekslęer] [HTML] |
n Sondagskoolonderwyser het n besoek gebring aan n seuntjie in sy klas wat terminaal siek was. Watter hoop kan ek vir hom gee? het die gefrustreerde onderwyser gewonder. Hy het nie geweet wat om vir die seuntjie te sę nie omdat hy nie geweet het hoe om n jong kind voor te berei om te sterf nie. Teen die einde van die besoek het die onderwyser vir hom gesę: Onthou, die Here is jou Herder.
Om die seuntjie te help om dit makliker te onthou het die onderwyser hom gevra om sy vyf vingers op te hou. Hy het aan elkeen van die seuntjie se vingers geraak en die vyf woorde herhaal: Die Here is my Herder. Toe het hy die seuntjie gevra om die sin te herhaal en aan elke vinger te raak terwyl hy die woorde sę. Toe die seuntjie by die vierde vinger kom, het hy dit met sy ander handjie vasgegryp en herhaal: Mý
mý Herder. Die Here is mý Herder. (07 Feb 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Psalms |
|
As jy verwerp word [Tekslęer] [HTML] |
Om verwerp te word, is seker een van die slegste dinge wat met `n mens kan gebeur. Dit word gesę dat verwerping van die heel negatiefste emosies by enige mens uitlok. Diep in ons vrees ons almal dat ons verwerp sal word.
Dit is `n tragiese feit dat verwerping heel dikwels voorkom. Min van ons het nie al verwerping ervaar nie. Hoe erg mens verwerping ervaar, hang af van deur wie mens verwerp word. Verwerping deur die breë gemeenskap is gewoonlik nie so erg as verwerping deur vriende nie. Waar ouers deur hulle kinders verwerp word, is die verwerping baie erg. Hoe baie bejaardes voel nie dat hulle kinders hulle verwerp en niks meer met hulle te doen wil hę nie. Baie meen die trauma van egskeiding kan tot `n groot mate toegeskryf word aan die belewenis van verwerping. Verwerping is helaas deel van die lewe.
(07 Feb 2005) >> Klik op lęers hierbo om meer te lees. |
|
| Bybelboek: Matteus |
|