Afrikaans | English
Weeklikse boodskappe
Evangeliseer - Verwys `n persoon!
Hoekom deel van groep?
Sluit aan / kanselleer
Borg boodskap
Dokumente
Gebedsversoeke
Het jy vrae?
Kontak ons
Verwysings:
Infokerk
Taste&See
Bible
Radio Pulpit
Ministries Worldwide
Absolute Woman
Ons Dorp
Christian Answers
Addisionele Afrikaanse Boodskappe / Dokumente / Temas
Opskrif en beskrywing:
Bladsy: 1 2 3 4 5 6 7
Kleipotte wat maklik breek  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Paulus sê dat ons as mense kleipotte is. Die mens is broos en breekbaar. Van buite af lyk ons baie maal mooi en jonk en begeerlik. Ons is ryk en voel só onaantasbaar. Wanneer die lewe jou egter slaan‚ dan knak en breek jy maklik. Met die verloop van tyd kry jy merke en littekens op jou liggaam en ook op jou gees.
  (10 Apr 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

`n Brief vir Christus  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
HOE aangenaam sou dit nie wees indien die opgestane Here Jesus Christus nou êrens op aarde sou leef nie! Dan kan Hy daar gespreek word en sou veel meer mense tot ’n opregte geloofsoortuiging kon kom. Sy mening sou deur die nuusmedia gedra word tot in elke huishouding. Dit is mos die wonder van die televisie … wêreldleiers se gesigte‚ gesigsuitdrukkings‚ houdings en woorde word wêreldwyd gebeeldsend.
  (13 Mar 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Geloof en rede  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Naäman se hele geskiedenis word in 2 Konings 5 breedvoerig vertel. Tog word sy naam in die Nuwe Testament net in Lukas 4:27‚ net een keer genoem.

Hy was die militêre hoof van Assirië se weermag. Sy land was geleë aan die westelike oewer van die Tigrisrivier. Hulle staatsgod is Assur genoem‚ die oorlogsgod. Nineve‚ Jona se bekende sendingveld‚ was hulle hoofstad. Met militêre mag het sy land ’n imperialistiese moondheid geword wat die hele wêreld wou verower en beheer.
  (06 Feb 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Hy is nederig en vriendelik  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Elke tyd het sy eie idee van wat heerlik is. Ons tyd se idee daarvan word gedra deur die drie afgode van die Westerse wêreld wat Richard Forster aandui: geld‚ seks en mag. Daarom is die heerlike mense van ons tyd die ryk mense‚ die mense met prestige‚ die ouens wat dinge doen en wat dinge laat gebeur. En natuurlik ook die mense wat ’n onbeskaamde seksuele krag uitstraal: die mooi mense. Aan die een kant idealiseer ons die heel mens‚ die mooi mens‚ die sensuele mens. Maar iets in ons word ook getrek deur die mens wat soos lord Byron is: “Mad‚ bad and dangerous to know.”
  (29 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Ter elfder ure  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
SO HET die oomblik dan aangebreek dat Isak op die hout moes gaan lê om vasgebind te word. Daar word egter nie vertel of Abraham toe vir hom vertel het dat hy eintlik die lam is wat God vooruitgesien het nie. Natuurlik moes Abraham dit vir hom gesê het‚ vir hom op die een of ander manier laat verstaan het dat die hele tog om hóm gedraai het‚ al lees ons daarvan niks nie. Hier staan egter glad nie dat Isak hom verset het of dat sy pa hom met geweld op die altaar moes dwing en hom al skreeuende moes vasbind nie. Nee‚ Abraham het Isak vasgebind – en wat ’n verskriklike taak moes dit vir hom as vader gewees het‚ ongetwyfeld die grootste van sy hele lewe! – maar Isak het hom ook láát bind‚ wat vir hom as jong man geen kleiner geloofsdaad was as dié van sy vader nie. Gaandeweg het hierdie jongeling begryp dat God sy vader beveel het om hom op die berg te offer.
  (24 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Christene wat uitbrand  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
HANDELINGE 13:13 sê: “Daar het Johannes hulle verlaat en na Jerusalem teruggekeer.” Ons hoor deesdae al hoe meer van mense wat uitbrand. Dit is iets wat professionele mense tref‚ dokters‚ onderwysers‚ besigheidsmense‚ asook mense wat voltyds in diens van die Here staan. Ons weet as ’n gloeilamp baie lank gebrand het‚ dan kom daar ’n stadium dat sy element uitbrand. Dit kan ook met atlete gebeur. As hulle te hard oefen‚ of wanneer hulle baie goed presteer het‚ dan het hulle al die simptome van uitbrand.
  (16 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Meer as oorwinnaars?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
AS daar een mens was wat met reg kon vra: “Wat maak ek hier?” dan was dit Daniël. Soos ons in die boek Daniël vertel word‚ is hy gebore as lid van Jerusalem se bokantklas van rykes en vernames (Dan. 1:3-4). Sy stad‚ sou hy van kleins af gehoor het‚ is die Godstad‚ Sion‚ wat nooit vernietig sal word nie. Rondom Jerusalem is berge‚ so is die Here rondom sy volk‚ het Psalm 125:2 hulle verseker. Hoog bo dié stad het die tempel getroon‚ die woonplek van die Here. Daar is die Here geprys‚ offers gebring‚ en tot die God van hemel en aarde gebid. ’n Veilige wêreld‚ dié wêreld wat Daniël geken het – ’n wêreld waar jy beskut kon voel wanneer die woestynwind begin waai.
  (15 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Wanneer kom die Here?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
DIT voel partykeer of die wêreld besig is om rasend te word. Die een staatshoof na die ander tuimel van sy troontjie. Die een land na die ander vlieg mekaar in die hare. Afrika en Asië het onverbiddelik ontwaak en die laaste van die groeipyne het ons sekerlik nog nie beleef nie. Die oliesjeiks het hulle mag begin besef. Die wêreld se monetêre situasie‚ ons geldstelsel‚ is uitermate wankelrig. Kulture krummel van binne uit inmekaar. Sedelike waardes wat die eeue kon trotseer werk skielik nie meer nie. Dis of die Weste se senuwees ingegee het. Europa het ’n ou man geword‚ moeg en afgeleef. Amerika is ook nie meer so selfversekerd nie.
  (11 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Volhard!  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
NADAT die briewebesteller die brief aan die gemeente in Efese in daardie stad afgelewer het‚ het hy noordwaarts gedraai en na die stad Smirna gegaan. Hoe verskillend was die omstandighede van die gemeente in hierdie stad! Die lippe wat sy kus van broederlike liefde ontvang het‚ was nog gespanne van lyding en pyn. Heel waarskynlik het die hande wat die brief ontvang het‚ die merke van onlangse mishandeling gedra. En toe die briewebesteller vra na die plek waar die gelowiges bymekaar kom om hulle Here te aanbid‚ is hy na ’n afgeleë en geheime plek gebring‚ om daar kennis te maak met die gemeente in Smirna.
  (09 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die wat op die Here vertrou kry nuwe krag  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
ISRAEL is in ballingskap. Babel heers oor hulle. Hulle is moedeloos‚ kry swaar en het min hoop om van die ballingskap bevry te word. Dan praat die Here deur die profeet oor sy mag en krag:
  (07 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

`n Hallelujalied vir die Here  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Ons is in ’n helikopter en ons vlieg in die suidwestelike gedeelte van Turkye. Reg onderkant ons lê ’n pragtige vallei weerskante van die smal Lykusrivier‚ ’n sytak van die breë Menderes (destyds die Meander genoem). Soos wat ons vorder‚ sien jy verskillende klein nedersettings‚ maar daar is veral drie stede wat uitstaan: Hiërapolis‚ Laodisea en Kolosse (vgl. Kol. 4:13).
  (05 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die verbond ... tyd vir keuses en vernintenisse  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
DIE woestyn het op eienaardige manier gehelp om die Israeliete gereed te maak vir die pad wat die Here vir hulle in gedagte gehad het. Deur ’n hele reeks dinge wat in die woestyn gebeur het – onder meer dat hulle nie net geleer het om hullesélf beter te ken nie‚ maar ook in die geleentheid gekom het om die Here beter te leer ken – is volk voorberei vir ’n dieper en vollediger verbintenis tot die Here. Dít is die merkwaardige gebeurtenis waarvan in Eksodus 19-24 vertel word.
  (04 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Dra mekaar se laste  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
DIE wêreld beskou iemand met mag‚ besittings‚ prestige en posisie as ’n groot persoon. Jy het iets bereik as ander mense jou dien. In ons selfsugtige kultuur met sy “ek eerste”-mentaliteit wil mense beslis nie soos dienaars optree nie.
  (03 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Ons is God se juwele  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
DIE meeste gelowiges dink – en sê! – dat hulle alles feil het vir die Here en sy saak. Ongelukkig word ons leunstoeluitsprake as leë woorde aan die kaak gestel wanneer ons die toetse in die praktyk druip. Om te sê en te doen is dikwels twee verskillende dinge. Christus het self ook oor dié sê-en-doen saak gepraat: “Nie elkeen wat vir my sê: Here‚ Here sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie‚ maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is” (Matt. 7:21). Jesus sê selfs dat die egtheid van ons belydenis aan ons dade gemeet sal word: Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie‚ het julle dit aan My ook nie gedoen nie (Matteus 25:45).
  (02 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Goddelose tye  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
KATEGORIES stel Paulus dit‚ sonder vrees vir teenspraak‚ asof hy redelik alwetend is; “… ons lewe in ’n goddelose tyd.” Die lidmate in Efese het sekerlik hulle koppe bevestigend geskud toe hulle die aanmerking van Paulus gehoor het. Heel moontlik het die afgodstempel van die godin Artemis‚ die godin van vrugbaarheid‚ wat in hulle stad was‚ voor hulle oë opgekom. Miskien was hulle van voor af bewus van die agteruitgang in sedelike en morele standaarde in hulle stad.
  (02 Jan 2007)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Hoop vir die nuwe jaar  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
DAAR is tog iets betowerends‚ iets byna misterieus in die wisseling van die jare. Nie dat ’n blote datum ’n mens se lewe handomkeer kan verander nie. Maar dit laat jou dink aan die tyd. Jare wat kom en gaan. Geleenthede wat kom en gaan. Drome wat kom en gaan. En met bravade verklaar jy dat jy nie die goeie goed wil laat gaan nie. Jy wil dit nou ’n slag vashou en benut.
  (31 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

`n Mens moenie met jou laat mors nie  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Dit is tog die wet van die wêreld: ’n oog vir oog en ’n tand vir tand‚ nie waar nie? Niemand kom daaruit as wenners te voorskyn nie; net as verloorders. Slagoffers word op hulle beurt weer daders en daders word weer slagoffers‚ en slagoffers word weer daders. So hou dit aan in ’n skynbare nimmereindigende‚ vernietigende draaikolk.
  (29 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Help my Here!  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Uit die Ooste kom die verhaal van ’n jong man wat by geleentheid aan ’n wyse man ’n vraag‚ wat op daardie tydstip in sy gemoed geleef het‚ gevra het: Wanneer sal ek God vind? Die wyse was‚ soos wyses maar maak‚ in diep bepeinsing‚ gesete op ’n rivieroewer. Sonder waarskuwing gryp hy toe die jong man en druk hom al spartelende en protesterende onder die kabbelende stroom in.
  (28 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Om Jesus te ontmoet  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Mense het verskillende motiewe om Jesus te ontmoet  (28 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Om mens te wees  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
OM MENS te wees beteken dat dinge partykeer nie uitwerk nie. Ons gesels oor hierdie probleem na aanleiding van die geskiedenis van Kain en Abel‚ soos dit in Genesis 4 beskryf word. Verstaan jy die drama van Kain en Abel? In Genesis 4:4‚ 5 lees ons: “Die Here het vir Abel en sy offer aangeneem‚ maar nie vir Kain en sy offer nie.” God is mos regverdig en God het nie witbroodjies nie. Hoekom maak God dan onderskeid tussen Kain en Abel? Baie van die beste Ou Testamentiese geleerdes sê dat hulle nie weet nie.
  (27 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Blydskap in ons soeke na sin  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
DAAR is ’n verskil tussen geluk en blydskap in die lewe. Ons almal wil gelukkig wees. Vir baie mense is dit inderdaad ’n lewensideaal. En ons doen alles in ons vermoë om dit na te jaag: Ons koop en versamel‚ ons soek gedurig weer nuwe ervarings‚ ons koester ons liggaam. Geluk soek ons gewoonlik in dinge‚ in wat ons kan besit en ervaar‚ in ons omstandighede‚ in ons liggaam.

Ek dink nie dit is op sigself verkeerd nie. Die probleem ontstaan wanneer ons reken dit is al wat daar in die lewe is. Want as ons speelgoed breek of ons gesondheid knak of ons in ’n finansiële krisis beland‚ is die vraag: Wat bly oor? Waarin vind ons dán ons geluk? Of verdwyn ons gevoel van gelukkig-wees dan? Ook in die wyer samelewing lyk dinge nie goed nie. Armoede‚ MIV/vigs en geweld is op ons voorstoep. Nou kan dit so maklik gebeur dat ons – in ’n poging om aan hierdie moeilike omstandighede te ontvlug – juis ons geluk in allerlei dinge begin soek.

Met blydskap is dit egter anders as met geluk. Blydskap lê dieper onder die oppervlak. En dit is omdat blydskap gebou is op die vaste versekering dat ons enigste ware troos in die lewe in God lê. In God se liefde vir ons‚ in God se betrokkenheid by ons‚ in die wete dat God daar is – kom wat wil! Ons omstandighede bepaal ons geluk‚ terwyl ware blydskap in Christus wortel.
  (26 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

God luister fyn  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Wat is eensaamheid? Ek is seker as ons koppe bymekaar moes sit om ’n definisie te vind‚ dit ’n omvattende oefening kan word. Een van die raakste “definisies” van eensaamheid hoor ons in Psalm 102:7-8:

Ek voel so verlate
soos ’n pelikaan in ’n woestyn‚
soos ’n uil tussen murasies.
As ek wakker word‚
voel ek soos ’n eensame voël
op ’n huis se dak.


  (26 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Liefdevolle onderdanigheid en onderdanige liefde  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
HIERDIE gedeelte uit Efesiërs word die huistafel genoem omdat dit die verhoudinge rondom die huistafel behandel: die man-vrou‚ ouer-kind en eienaar-slaaf verhouding. Martin Luther het in sy Klein Kategismus ook ’n “huistafel” gehad en daarin die reëls vir die Christelike lewe in en om die huis verduidelik. Hierdie huistafel van Paulus het moontlik ook aangesluit by bestaande huistafels in daardie tyd wat moontlik ook gebruik is in die opvoeding van kinders. Hy gee natuurlik ’n eie unieke inhoud aan sy huistafel.
  (24 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Hofsitting op die berge  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
HET u al ’n hofsitting meegemaak? Gewoonlik gee dit ’n mens koue rillings. Veral as mens hoor wat op die klagstaat staan. As die getuies geroep word en daar word sulke verdoemende getuienis gelewer. Dan hou almal gewoonlik asem op‚ want nou moet die vonnis gevel word. Dan leef die vraag weer‚ sal die regter verlof tot appèl toestaan?

Hier in ons teksverse sien ons so ’n hofsitting. Daar word getuies geroep‚ die klagstaat word gelees‚ die vonnis word gevel en selfs verlof tot appèl toegestaan. Ja‚ nou skroom Amos nie meer om aan die sondes van Israel groot publisiteit te gee nie.
  (22 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die strooijonker wat sy plek ken  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
In die evangelie van Johannes word ’n “woordportret” van Johannes die Doper geskilder. In die gedeelte wat ons saam gelees het‚ kry ons egter nie ’n positiewe identifikasie van hierdie man nie. Nee‚ hy word op ’n negatiewe wyse aan ons voorgestel. Die grootste gedeelte gaan oor wie hy nie is nie. Die skrywer gee vir ons ’n portret van die lig‚ en sê nee‚ dis nie hy nie. Hy gee vir ons ’n portret van die Christus‚ en sê nee‚ dis ook nie hy nie. Dan loop ons in die fotoalbum vir Elia raak en die “Profeet” en ons hoor aikona‚ dis ook nie Johannes dié nie.
  (21 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

God is alwetend  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Is ons ook maar net nog ’n nommer in God se oë? Is Hy ooit oor ons besorg? Stel Hy belang in ons wel en weë? God het bewys dat elke kind van Hom sy persoonlike sorg ontvang. Juis omdat Hy alwetend is en elkeen van ons se behoeftes in die fynste besonderhede ken‚ kan Hy in die fynste detail vir ons sorg en voorsien.
  (20 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Christus bid vir ons  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
HEBREËRS is ’n boek oor geloof‚ maar dan heel spesifiek: geloof wat beproef word‚ geloof wat swaar kry‚ geloof wat vervolg word‚ en geloof wat daarom dreig om traag te word.

Hebreërs probeer dus nie mense wat nog nie glo help om te glo nie‚ maar wil eerder mense wat wel glo‚ maar – as gevolg van omstandighede – swaar kry om te blý glo‚ help om aan te hou. Hebreërs wil sulke mense opnuut oortuig dat dit tog “beter” is om te bly glo‚ ten spyte van die swaarkry en opofferings daaraan verbonde.
  (19 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die verlore seun van die Ou Testament  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
IEMAND het gesê dat ons hier in Hosea 6 te doen het met die verlore seun van die Ou Testament. By hierdie een sowel as die een in Lukas 15 was daar ’n tyd van innerlike worsteling‚ by albei was daar ’n opstaan‚ by albei was daar ’n terugkeer en die rigting van terugkeer was dieselfde – huis toe. Hieroor aanstons meer.
  (19 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Noodoplossings - werk dit?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
DIT HET waarskynlik al met jou ook gebeur dat jy ten spyte van jou opregte geloof in die Here en ten spyte van die feit dat jy wéét wat God se wil vir jou lewe is‚ nógtans jou eie koers inslaan. Die voortdurende stryd tussen belofte en omstandighede word by tye vir jou te veel. Jy wil maar self probeer plan maak met jou omstandighede. Nou wil jy darem ook nie God se plan en wil vir jou lewe so sonder seremonie oorboord gooi nie. Gewoonlik probeer ’n mens dan ter wille van jou gewete‚ jou eie planne met so ’n bietjie vroom godsdienstigheid inkleur. Om dit anders te sê: Ons doen op ’n mooi beskaafde‚ byna “Christelike” manier sonde!
  (17 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Blydskap omdat ek tot alles in staat is  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
STEPHAN COVEY skryf in sy bekende boek Seven habits of highly effective people dat ons almal afhanklik gebore word. Van die oomblik waarop ’n embrio ontstaan‚ is dit afhanklik van die baarmoeder. Die naelstring verbind die embrio aan die ma vir die lewensnoodsaaklike voedsel. ’n Baba is absoluut afhanklik van ons versorgende liefde. In die verskillende ontwikkelingsfases verskil die graad van ’n kind se afhanklikheid. Namate hulle groter word‚ groei hulle behoefte egter om onafhanklik te wees.

Volgens Covey is dít dan ook die tweede groot proses op pad na volwassenheid: die beweging van afhanklik-wees na onafhanklik-wees. Dis ’n geleidelike oorgang na onafhanklikheid – emosioneel‚ intellektueel‚ sosiaal en finansieel.
  (15 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Is jy bedag op God se plan in jou lewe?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
EEN van die sentrale motiewe agter die vertelling in Eksodus 1‚ is om ons te verseker dat‚ ook in ’n tyd toe die volk soms daaroor getwyfel het‚ die Here die hele tyd ’n vaste plan ook vir dié stuk geskiedenis gehad het. In Eksodus 2 word hierdie boodskap nou ’n tree verder geneem. Hier word vir ons meer gesê oor hóé die Here sy plan volvoer het. Die belangrikste punt in verband met hierdie stuk geskiedenis in Eksodus is so voor die hand liggend‚ so eenvoudig en tegelyk so ongelooflik dat ’n mens dit sou kon miskyk.
  (14 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Skaam jy jou vir die evangelie?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Skaam jy jou oor die evangelie? Dit is bietjie van ’n vreemde vraag‚ nê? Gewoonlik skaam ons ons vir iemand‚ nie vir iets nie. As ek my skaam vir iemand dan beteken dit gewoonlik dat iemand dan beteken dit gewoonlik die iemand doen iets wat maak dat ek wens ek was nie daar naby nie. Ek is bang die mense sien my by jou‚ en dan dink hulle ek ken jou‚ of nog erger‚ hulle dink ek is net soos jy.
  (14 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Hoe lyk jou lewensbril?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
DIE LEWE is broos. ’n Damp‚ noem Jakobus dit (vgl. Jak. 4:14). ’n Lugskim wat ’n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn; ’n vlietende sekonde in die lig van die ewigheid; ’n sandkorreltjie êrens op die kosmiese sandvlakte. Die een oomblik is ons nog hier‚ bruisend van lewenslus. Vitaal. Die volgende oomblik is ons weg‚ getref deur die verganklikheid – fataal. Dit kos net ’n enkele telefoonoproep‚ ’n doodsberig ’n besoek aan die geneesheer‚ ’n motorongeluk‚ en ons lewe stort soos ’n kaartehuis ineen. Ons ervaring gee die digter gelyk –
  (12 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Wanneer vier maal drie dertien is  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
’N SIELKUNDIGE het eenkeer ’n baie interessante eksperiment gedoen. Hy het vyf kinders van so twaalf jaar oud by ’n tafel laat sit. Hulle het net een opdrag gehad. As hy hulle vra “Wat is vier maal drie?” dan moes hulle antwoord “dertien.” Natuurlik het hulle geweet die regte antwoord is twaalf‚ maar hulle moes ’n verkeerde antwoord gee. Toe bring die sielkundige ’n sesde kind in en laat hom ook aan die tafel sit.
  (11 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Wat het God teen kreef?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
PETRUS het op die dak geklim om alleen te bid maar begin honger word. Sy gedagtes het met hom die loop geneem en hy het in ’n beswyming verval. Toe speel daar ’n ontstellende toneel voor hom af. ’n Groot laken gevul met “onreine” soogdiere‚ reptiele en voëls het uit die hemel neergedaal. Handelinge 10 gee nie meer besonderhede nie‚ maar ’n goeie leidraad tot die aard van die spesies vind ons in Levitikus 11: varke‚ kamele‚ hase‚ aasvoëls‚ kraaie‚ uile‚ ooievaars‚ vlermuise‚ miere‚ kewers‚ bere‚ akkedisse‚ muishonde‚ skinke (soort akkedis wat baie na ’n egte akkedis lyk‚ waarvan party soorte vet of stomp is)‚ rotte‚ slange.
  (10 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Is jy regtig gelukkig?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
SKAKEL die TV aan en jy sien vir Dr. Phil wat vir jou vertel hoe om in kontak met jouself te kom‚ en dan sal jy gelukkig wees. Nog ’n bietjie later sit ons vasgenael en kyk na Oprah waar sy vir mense vertel hoe hulle lewensresepte moet gebruik om lewensprobleme op te los. Nog later kan jy inskakel by “Crossing over with John” waar hy geliefdes van ’n afgestorwene kamtig met mekaar in kontak bring sodat die agtergeblewenes nou regtig vrede en geluk kan ervaar. Intussen word jy deur advertensies gebombardeer met beelde wat vir jou vertel hoe wonderlik die lewe nou eintlik is. As jy geld het kan jy jou verlustig in die branders wat sy valletjies onderrok op die strand van die een of ander eksotiese eiland‚ uitrol. Intussen is die New Age besig om te sê dat ons maar net moet hande vat en saam staan en almal moet almal akkommodeer dan is jy regtig gelukkig. Moenie iemand anders konfronteer nie‚ want sê nou net hy/sy is reg en dan sit jy met ’n rooi gesig. Kom ons vat hande en sing “ring a ring of rosies” en almal sal gelukkig wees. Gaan woon ’n kursus by om jou eintlike doel op aarde te ontdek en DAN sal jy gelukkig wees. Ons eintlike doel op aarde is mos niks anders nie as om God te verheerlik. As ek alles so rondom ons aanskou‚ alles wat jou kan insluk‚ dan wonder ek met groot erns‚ maak ons nog tyd om by God te wees?
  (08 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Kan jy nog sing?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
DIT het daardie nag in die tronk in Filippi vir die bewaarders en ander gevangenes seker baie vreemd geklink: die lofliedere deur ’n bandiete-duet teen middernag. Dit was egter nie dronkmansvreugde wat Paulus en Silas laat dié nag so vrolik in hulle sel laat sing het nie. Dit was hulle Christelike vreugde wat onaantasbaar en ondempbaar gebly het te midde van hulle lyding.
  (07 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Wees gerus; God ken jou  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
VOORDAT Jeremia vir God geken het‚ het God vir Jeremia geken: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het‚ het Ek jou geken.” Dit sit alles wat ons ooit omtrent God gedink het in trurat. Ons beskou God as ’n voorwerp waaroor ons bepaalde vrae het. Ons is nuuskierig oor God. Ons doen navraag oor God. Ons lees boeke oor God. Ons neem deel aan groepbesprekings tot láát in die nag oor God. Af en toe val ons by die kerk in om te sien wat met God aan die gang is. Ons verlustig ons by geleentheid in ’n sonsondergang of ’n simfoniekonsert om so ’n gevoel van eerbied vir God te kweek.
  (07 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Koelkop in `n krisis  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
ONSSELF of ons kinders word ewe skielik siek. Terwyl ons op die uitslae van die toetse wag kom die verskriklikste gedagtes in ons op: Hierdie siekte is kanker of malaria of breinvliesontsteking. Of ons werk kom in die weegskaal. Dit wat altyd jou inkomste was‚ is nie meer so seker nie. Daar is praatjies van afskalings en afleggings. Jy weet dat jy en jou werk in gedrang is. Of jy ontwikkel ’n krisis met een van jou kinders. Jy het ’n verbode middel in sy kamer raakgesien. Jou kind begin eienaardig optree. Jy wonder by jouself‚ “Is my kind nou ’n dwelmslaaf‚ kan dit wees dat hy of sy by so ’n groep ingetrek is?” Of jou huwelik begin te wankel. Daar het ’n derde persoon op die toneel verskyn en dinge is doodgewoon nie meer wat dit was nie.
  (06 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Geestelike groei  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
’N MENS se kinders hou jou nederig. Sodra jy begin dink: “My kind is so soet‚ so anders as ander …” moet jy al weer verleë vir sy manewales voor die kuiergaste verskoning maak. ’n Kind bly nou maar eenmaal ’n kind. Maar: ’n grootmens wat ’n kind wil bly‚ is nog ’n groter verleentheid.

Dit was juis dié soort verleentheid waarmee Paulus in Korinte gesit het. Die Korintiërs self het allermins gedink dat hulle nog kinders in die geloof was. In hulle eie oë was hulle geestelik baie volwasse. Hulle was onder die indruk dat hulle oorgeloop het van die Heilige Gees. Hulle kon mos in tale praat en alles … Maar dit was nie die beeld wat Paulus van hulle gehad het nie. Hy skryf: “Ek kon nie met julle praat soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie … maar soos met kindertjies” (vers 1).
  (06 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die taak van die kerk  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
DIS ONGELOOFLIK‚ as ons daaraan dink‚ hoe baie ons gemeente‚ en sekerlik honderde ander gemeentes van verskillende kerke‚ soos passasierskepe werk. Daar is ’n groot klomp passasiers‚ en ’n klein klompie bemanningslede. Die meeste van die lidmate is redelik gemaklik op die skip. Hulle sit rustig op hulle dekstoele en sonbaai. So elke nou en dan kom daar ’n kelner verby wat kom hoor of hulle nie iets wil hê om te eet of te drink nie.
  (05 Dec 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die Heilsorde  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Onder heilsorde verstaan ons die reeks weldade wat God aan die sondaar verleen deur aan hom verlossing te skenk. In die Gereformeerde dogmatiek word die woord “heilsorde” gebruik vir die pad waarlangs Christus ons deur die Heilige Gees in besit bring van die weldade wat Hy vir ons verwerf het.  (11 Aug 2006)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Jesus en woorde  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Johannes begin sy Evangelie op ’n hoë noot. Hy raak in vervoering oor Christus en skryf in byna digterlike taal: “In die begin was die WOORD daar‚ en die WOORD was by God‚ en die WOORD was self God.” Dan besing hy Christus: Alles het deur Hom tot stand gekom; in Hom is lewe en Hy is die ware lig. Maar die wonderlikste is dat hierdie WOORD mens geword en onder ons kom woon het. Hy het genade en waarheid gebring en die Vader aan ons bekend gestel.
  (27 Dec 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Audio Preek (Jesaja 43:1-7)  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Hierdie is ’n preek in klank oor Jesaja 43:1-7.
Die tema van die preek is “God sorg vir ons”
Klik op “Lêer”
Klik dan op “save” en stoor die lêer in ’n gidslêer wat aan u bekend is en van waar u dan die lêer kan oopmaak in u gunsteling Media Player. Dit is ’n mp3 lêer en jy kan met “Windows Media Player” daarna luister.
  (02 Oct 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Audio Preek (Romeine 8:31-39)  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Hierdie is ’n preek in klank oor Romeine 8:31-39.
Die tema van die preek is “In God se liefdesfeer”
Klik op “Lêer”
Klik dan op “save” en stoor die lêer in ’n gidslêer wat aan u bekend is en van waar u dan die lêer kan oopmaak in u gunsteling Media Player. Dit is ’n mp3 lêer en jy kan met “Windows Media Player” daarna luister.
  (27 Sep 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Jesus is groot gedoop  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Baie mense sê dat Jesus groot gedoop is en dat ons daarom tog seker ook groot gedoop moet word‚ omdat ons Hom moet navolg. Hierdie argument word dan gewoonlik gedramatiseer met die dreigement: onthou‚ jy gaan in die oordeel voor ’n grootgedoopte Heiland verskyn.
  (22 Sep 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Audio Preek Psalm 22:2  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Hierdie is ’n preek in klank oor Psalm 22:2.
Die tema van die preek is “Waarom?”
Klik op “Audio Preek Psalm 22”
Klik dan op “save” en stoor die lêer in ’n gidslêer wat aan u bekend is en van waar u dan die lêer kan oopmaak in u gunsteling Media Player. Dit is ’n mp3 lêer en jy kan met “Windows Media Player” daarna luister.

  (30 Aug 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Wat is jy werd vir die koninkryk?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Miskien voel dit vir jou‚ as jy Jesus se storie oor die goue munte deurlees‚ dat hierdie heer darem alte streng teenoor sy werkgewers optree. Maar stel jou nou net vir ’n oomblik voor dat jy op ’n dag na jou plaaslike bankbestuurder toe gaan. In jou sak het jy die totale bedrag wat jy in ’n 100 jaar sou verdien. Nogal ’n yslike groot klomp geld‚ nê. En jy vra hom baie mooi om tog mooi om te sien na die geld‚ dit wys te hanteer‚ want een of ander tyd gaan jy dit weer nodig kry. Jy weet nog nie wanneer jy weer sal terugkom nie‚ maar jy sal dit beslis weer kom opeis. Intussen verloop daar ’n baie lang tyd. Sê maar so tien jaar. Nou is jy een mooi dag weer terug by daardie bank‚ in daardie selfde bankbestuurder se kantoor‚ om jou belegging op te eis.
  (13 Jul 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Julle moet liefhê soos God!  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Ek wil begin deur jou kaalkop te konfronteer met die gewetensvraag:
Sê my‚ is jy ’n kind van God?
Ervaring toon dat meeste Christene hierop een van twee – albei VERKEERDE! – antwoorde neig te gee:
  (08 Jul 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Leef voluit!  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Vandag is die eerste dag van die res van ons lewe! Wat verby is‚ is verby. Die toekoms lê voor. Nou is die begin van die toekoms; die begin van die res van ons lewe. Is dit nie hoe ons as Christene dit moet sien nie?

Ons leef so maklik in die verlede. Dink aan wat verby is. Hunker selfs na die goeie ou tyd. Ons praat so baie oor die verlede. Dalk is dit die rede dat ons nie so baie gedoen kry nie. Die rede dat ons so bang is vir die toekoms. ’n Rede waarom ons huiwer en die dag nie aangryp nie.
  (27 Jun 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Om te verstaan sonder om te weet  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Dit klink darem nie reg nie‚ om te verstaan sonder om te weet? Jy weet‚ maar eintlik weet jy ook maar nie‚ of jy begryp‚ maar nie werklik nie. ’n Mens wil dadelik hierop antwoord en sê‚ hoor hier‚ iets is of reg of weg‚ of wit of swart. Of jy weet of jy weet nie – dit kan tog nie altwee gelyk wees nie! Of dalk wel? Kan ’n mens dalk tog begryp sonder dat jy presies weet?
  (05 Jun 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Jou unieke krisis  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Hoe ervaar ’n mens die pyn wat jou oorkom? Watter gewaarwordinge word deur pyn losgewoel? Wat sê of dink jy? Hoe reageer jy teenoor ander mense? En wat sê jy vir God … en oor God?
  (01 Jun 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die Here seen sy gemeente  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Wanneer ons na die seën van die Here gaan kyk‚ dan is dit goed dat ons vra hoe die moderne‚ gesekulariseerde mens dink en voel oor die seën van God. Twee opmerkings kan hier gemaak word. Aan die een kant is dit so dat die vanselfsprekendheid waarmee voorheen oor God en sy seën gepraat is‚ in ’n groot mate verlore gegaan het.

Moderne ontwikkeling en sekularisasie het die probleem geskep dat baie oënskynlik kans sien om sonder God en sy seën deur die lewe te kom. Daarom moet ’n mens nie die fout maak en sonder meer aanneem dat alle mense weet en ervaar dat niemand sonder God se genade en seën deur die lewe kan gaan nie.

Aan die ander kant is dit ook waar dat dit juis die een plek is waar ons met moderne mense in ’n gesprek kan gaan oor God met ’n realistiese verwagting om iewers te kom. Mense wat met oop oë deur die lewe gaan weet van die broosheid van ons bestaan en van die onvanselfsprekenheid van voorspoed en seën. Hierdie sekerheid gee die Here ons in hierdie Skrifgedeelte.
  (23 May 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Aan Hom behoort die heerlikheid  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Dit is baie opvallend dat juis die Romeine brief met ’n lofsang eindig. Ons kry dit in geen ander brief van Paulus nie. In al die ander briewe vind ons aan die einde ’n seëngroet‚ soos ons dit ook kry in Rom. 16:24: “Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.” Maar alleen in Romeine staan daar ná die seëngroet hierdie pragtige Godprysing as jubelende afsluiting van hierdie besondere brief.  (16 May 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Net by God vind ek rus  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Wie van ons het nie ’n behoefte aan rus nie? Wie van ons smag nie om tog net vir ’n oomblik te kan ontspan‚ te kan asemhaal‚ in ons gejaagde samelewing ’n slag tot jou sinne te kan kom nie? Stilte‚ ag‚ ek sou my koninkryk kon prysgee net vir ’n bietjie stilte!  (16 May 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

A good story - worth reading  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Remember, growing older is mandatory. Growing up is optional.  (07 May 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die uitverkiesing - 'n nagmerrie?  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Oor dié saak word deesdae liefs die swye bewaar. Predikante preek bra selde daaroor. Lidmate vermy die onderwerp veiligheidshalwe. Vir sommige lidmate is dit so te sê ’n taboe: iets waaroor ’n mens so min as moontlik moet dink en wonder en praat. Maar so in die stilligheid kwel dit hulle tóg en vra hulle hulleself af of ’n mens ooit seker kan wees …

Dit gaan om die leer van die uitverkiesing en die vraag waaroor ons almal die een of ander tyd duidelikheid wil kry (al gee ons ook anders voor): is ek deur God uitverkies … of nie?
  (13 Apr 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

God staan op in die hemelse vergadering Psalm 82  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Psalm 82 begin met ’n besondere toneel skildering. Die Psalmis sien God in die hemelse vergadering tussen die hemelwesens staan (die Hebreeuse woord kan ook met mens vertaal word). Daar is dikwels in die Ou Testament na ’n koning en sy ministers as gode verwys. Die beeld wat hier gebruik word‚ is die van ’n koning wat in sy paleis staan met die hoë amptenare wat rondom hom sit. In daardie tyd was dit die gebruik dat die koning op sy troon gesit het as hy sy onderdane onderrig het. Van tyd tot tyd vergader die “parlement” om bestuursake te bespreek. In die beeldspraak van Psalm 82 staan God in die parlement op. Pleks dat julle die aarde op koers hou‚ sê Hy‚ skud en bewe dit onder julle wanbestuur (Ps. 82:5).
Die “minister van Veiligheid” wat vir orde verantwoordelik was‚ het sy plig versuim; want daar is wanorde.
Die “minister van Justisie” wat moes omsien na die reg‚ het misluk; want daar is onreg.
Die “ministers van Welsyn‚ Gesondheidsorg en Ekonomie” wat moes omsien dat almal genoeg het om te eet‚ het gefaal; want daar is arm en honger mense.
  (11 Apr 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

God die Heer, regeer  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Die inhuldiging van ’n koning of staatspresident is ’n luisterryke en vreugdevolle gebeurtenis. Daar gaan nie alleen baie beplanning in so ’n situasie in nie‚ maar dit werk aansteeklik: almal deel in die vreugde. Die wat ouer is‚ sal die republiekwording onthou. Ons kan maar dink aan die groot feesvierings met die inhuldiging van die laaste twee staatspresidente. Dit was asof die land tot stilstand gekom het. Vir ’n lang tyd het ons net gehoor van al die voorbereidings wat getref word. Duisende was betrokke om alles gereed te kry. Dit was asof alles opsy geskuif is vir die groot geleentheid. Geld en tyd en werk is nie ontsien om hiervan ’n grootse en luisterryke geleentheid te maak nie. Die inhuldiging is nie net deur duisende bygewoon nie‚ nie alleen het nog meer daaraan deel gehad deur die TV nie‚ maar orals is fees gevier. Mense het ’n bietjie vergeet van hulle kommer en sorge. Hulle het anderdinge opsy geskuif en behoorlik fees gevier.

Psalm 47 handel oor ’n baie besondere troonsbestyging.
Dit handel oor die troonsbestyging van die Here!

  (28 Mar 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

As mense spot ... (Goeie Vrydag)  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Die gesprekke rondom die kruis daardie Vrydagoggend was bitter. Van die omstanders: ‘Kom van die kruis af as jy die Seun van God is!’ Van die skrifgeleerdes: ‘Hy het ander gered‚ maar Homself kan Hy nie red nie.’ Van die soldate: ‘As jy die koning van die Jode is‚ red jouself.’
Bitter woorde.
Bytend van sarkasme.
Hatig.
Oneerbiedig.
Was dit nie genoeg dat Hy gekruisig word nie? Was dit nie genoeg dat Hy as misdadiger beskaam word nie? Was die spykers nie genoeg nie? Was die doringkroon te sag? Was die géseling te kort? Vir party was dit klaarblyklik die geval.

  (25 Mar 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die vrug van die Gees is ... GEDULD  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Die Griekse woord wat hier vir geduld gebruik word‚ is ’n beskrywende woord. Figuurlik beteken dit ‘om lank te neem voordat dit kook’. Dink aan ’n kastrol kokende water. Watter faktore bepaal die spoed waarteen dit begin kook? Die grootte van die stoof? Nee. Die kastrol? Die houer het dalk ’n invloed‚ maar die belangrikste faktor is die intensiteit van die vlam. Water kook vinnig as die vlam hoog is. Dit bereik kookpunt stadiger as die vlam laag is. Geduld ‘hou die vlam laag’.

  (21 Mar 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die sewe fases in die hantering van `n verlies  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
Wat doen ons as ons treur?
Hoe reageer ons teen die verliese wat elkeen van ons in die verloop van ons lewe ervaar?
Baie geleerdes sê ons gaan deur minstens sewe stappe as ons oor ’n verlies treur.  (15 Mar 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die vrug van die Gees is ... VREDE  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
“Want Hy is ons vrede.” (Ef. 2:14). Liefde, blydskap, vrede … So word die kroon versier met die koning se juwele. Een steen helderder en skitterender as die ander.   (15 Mar 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.

Die gebed van eerwaarde Joe Wright  Klik hier om dit af te laai[Lêer]
’n Sekere priester‚ eerwaarde Joe Wright het in 1996 in die wetgewende vergadering van die Amerikaanse staat van Kansas die volgende gebed gebid.

Sedertdien is sy gebed al in duisende koerante en nuusblaaie gepubliseer en op radio’s voorgelees.  (15 Mar 2005)
>> Klik op lêers hierbo om meer te lees.


© 2005 Kopiereg voorbehou.
Ontwerp en Diens Verskaffing deur RAD Developer Solutions cc